Die Canadian rivier (Engels: Canadian River) is 'n groot oos-vloeiende rivier in die Suidelike Verenigde State. Die Canadian rivier het 'n lengte van 1 458 km en vloei deur die Amerikaanse deelstate Colorado, Nieu-Meksiko, Texas en Oklahoma. Die Canadian rivier is die grootste sytak van die Arkansasrivier, op sy beurt 'n sytak van die Mississippirivier.

duimnael|links|Kloof van die Canadian rivier in die Kiowa Nasionale Grasland, Nieu-Meksiko Die Canadian rivier ontspring in die Rotsgebergte in Las Animas County, Colorado net noord van die grens met Nieu-Meksiko, voordat dit dié grens oorsteek en in 'n suidelike rigting vloei. Oos van Santa Fe begin dit in 'n oostelike rigting deur Noord-Texas vloei en bereik Oklahoma, waar die Canadian rivier deur Oklahoma City, die grootste stad langs die rivier, vloei. Verder oos mond die Canadian rivier in die Haskell County, Oklahoma in die Arkansasrivier uit.

Waarvandaan die Canadian rivier sy naam het, is onduidelik. Soms word die Canadian rivier Suid-Canadian rivier genoem om dit van die Noord-Canadian rivier te onderskei, wat in dié rivier uitmond.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Colorado Kategorie:Nieu-Meksiko Kategorie:Oklahoma Kategorie:Texas Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika