Die Peacerivier (Engels: Peace River; Frans: rivière de la Paix; letterlik: "Vredesrivier") is 'n groot noordoos-vloeiende rivier in Kanada. Die Peacerivier het 'n lengte van 1 923 km en vloei deur die Kanadese provinsies Alberta en Brits-Columbië. Die Peacerivier vorm ná sy saamvloei met die Athabascarivier die Slawerivier, een van die Mackenzierivier se sytakke. Die Finlayrivier, die hoofbron van die Peacerivier, word as die uiterste bron van die Mackenzierivier beskou. Die volledige Finlay-Peace-Slawe-Mackenzie-rivierstelsel is die 13dte grootste rivierstelsel wêreldwyd.
duimnael|links|Die Peacerivier gedurende herfs Die Peacerivier ontstaan uit die saamvloei van die Finlay- en Parsnipriviere by die Willistonmeer in Brits-Columbië, vloei in 'n oostelike rigting en bereik die provinsie Alberta. Verder oos begin die rivier in 'n noordoostelike rigting vloei en dan weer in 'n oostelike rigting, voordat dit naby die Athabascameer met die Athabascarivier saamvloei om die Slawerivier, 'n sytak van die Mackenzierivier te vorm.
Die Peacerivier het sy naam te danke aan 'n vredesverdrag wat aan dié rivier se oewer tussen die Danezaa en die Cree, ná jare se oorlog tussen hulle, in 1781 gesluit is. Die vredesverdrag is deur die rook van 'n seremoniële vredespyp gevier. Met die verdrag het die Peacerivier 'n grens geword met die Danezaa teen noorde en die Cree teen suide. Coutts, M. E. (1958). Dawson Creek: Past and Present, An Historical Sketch. Edmonton: Dawson Creek Historical Society.
Die Peacerivier is ook bekend vir die eerste deurkruising van Noord-Amerika noord van Meksiko wat Alexander Mackenzie in 1793 na die Stille Oseaan onderneem het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Alberta Kategorie:Brits-Columbië Kategorie:Riviere in Kanada