Die Coloradorivier (Engels: Colorado River; Spaans: Río Colorado) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in die Verenigde State. Die Coloradorivier het 'n lengte van 1 387 km en is die grootste rivier wat geheel en al deur die Amerikaanse deelstaat Texas vloei.
duimnael|links|Die Coloradorivier in Texas Die Coloradorivier ontspring in die ooste van Texas, wes van die grens tot Nieu-Meksiko en vloei heeltyd in 'n suidoostelike rigting. In die suide van Texas vloei dit deur Austin, die belangrikste stad langs die Coloradorivier. Verder suidoos mond die Coloradorivier naby Matagordabaai in die Golf van Meksiko uit.
Die Coloradorivier, wat "rooi" of "rooierige" rivier in Spaans beteken, is deur Spaanse ontdekkingsreisigers dikwels met die Brazosrivier verder noordoos verwar. Die Europese ontdekkers van dié twee naburige riviere het die huidige Coloradorivier Brazos de Dios genoem en die huidige Brazosrivier Coloradorivier, maar later is die twee riviere se name met mekaar omgeruil.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Texas Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika