Die Brazosrivier (Engels: Brazos River, [ˈbræzəs], ; Spaans: Río de los Brazos de Dios, letterlik: "Die rivier van die arms van God") is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in die Verenigde State. Die Brazosrivier het 'n lengte van 1 352 km en is ná die Coloradorivier die tweede grootste rivier wat geheel en al deur die Amerikaanse deelstaat Texas vloei.
duimnael|links|'n Spoorwegbrug oor die Brazosrivier in Waco, Texas Die Brazosrivier ontspring in die noorde van Texas, suid van die grens tot Oklahoma en vloei heeltyd in 'n suidoostelike rigting. In die noorde van Texas vloei dit deur Waco, die belangrikste stad langs die Brazosrivier. Verder suidoos mond die Brazosrivier naby Brazoria County in die Golf van Meksiko uit.
Die Brazosrivier, wat "arms" in Spaans beteken, is deur Spaanse ontdekkingsreisigers dikwels met die Coloradorivier verder suidwes verwar. Die Europese ontdekkers van dié twee naburige riviere het die huidige Coloradorivier Brazos de Dios genoem en die huidige Brazosrivier Coloradorivier, maar later is die twee riviere se name met mekaar omgeruil.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Texas Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika