Die Botaalwee (Aloe zebrina) is 'n spesie van die genus Aloe en kom feitlik oor die hele Suider-Afrika voor. In Suid-Afrika kom dit in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes provinsies voor. In Suider-Afrika kom die plant in Angola, Botswana, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe voor. Die aalwyn is klein en die blare het wit vlekke op. Daar is tande op die blaarrante. Die blomme vorm van Februarie tot Mei en is rooi. In Engels staan die aalwyn as die Transvaal Spotted Aloe bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van aalwynspesies
Bronne PlantsZafrica REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Aalwyne Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe