Die Pecosrivier (Engels: Pecos River; Spaans: Río Pecos) is 'n groot suid-vloeiende rivier in die Verenigde State. Die Pecosrivier het 'n lengte van 1 490 km en is die grootste sytak van die Rio Grande; albei riviere vloei vir 'n groot deel parallel langs mekaar.
duimnael|links|Die Pecosrivier in Texas Die Pecosrivier ontspring uit die Pecos-waterval naby Santa Fe, Nieu-Meksiko, vloei in 'n suidoostelike rigting tot by Fort Sumner, waarvandaan dit in 'n suidelike rigting begin vloei. Die Pecosrivier bereik Roswell, Nieu-Mexiko, bekend vir die Roswellvoorval. Verder suid bereik die rivier die deelstaat Texas, waar dit weer in 'n suidoostelike rigting begin vloei. Op die grens tussen die Verenigde State en Meksiko mond die Pecosrivier in die Rio Grande uit. Hier is die Rio Grande opgedam en vorm die Amistaddam.
Die naam "Pecos" is afgelei van die inheemse taal Keresan-woord vir die Pecos Pueblo, [p'æyok'ona]. Na die rivier is voorheen deur die Mescalero-volk ook as Río Natagés verwys.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nieu-Meksiko Kategorie:Texas Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika