Die Bontaalwyn (Aloe maculata) is die 'n spesie wat tot die genus Aloe hoort. Die plant kom in Lesotho, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Vrystaat en die Oos-Kaap voor. Dit is meerjarig, stamloos en word tot 1 m hoog. Die spreiende blare is driehoekig met die punte gewoonlik afwaarts gebuig. Daar is wit spikkels en skerp, bruin tande aan die rante van die blare. Die plant blom van Julie tot September. Die blomme kom in hofieagtige of plattrosse voor, dit is buisvormig met 'n geswolle basis. Die blomme is rooi tot geel en 45 mm lank.

In Engels staan dit as die Common soap aloe bekend. Die spesie het twee subspesies: Aloe maculata subsp. ficksburgensis (Reynolds) Gideon F.Sm. & Figueiredo Aloe maculata subsp. maculata

Galery

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Mountain Flowers, Elsa Pooley, The Flora Publications Trust, 2003, bl 26 John Charles Manning: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies.

maculata Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika