Die katstertaalwyn (Aloe castanea) is 'n spesie wat tot die genus Aloe hoort en as 'n boom geklassifiseer word. Die spesie kom wyd verspreid voor in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga asook Eswatini. Dit is 'n sukkulent.

Die plant word tot 5 m hoog. Dit het gewoonlik een stam wat vertak, die stam is gewoonlik bedek met ou, dooie blare. Die blare is glad aan beide kante en blouerig groen. Hulle word tot 1 m lank en is getand op die kante. Die rooibruin blomme groei enkel uit en word tot 25 cm lank.

In Engels staan dit as die Cat's-tail Aloe bekend. Die boom se FSA-nommer is 28.6.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van aalwynspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Plants of the World Online John Manning: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies.

castanea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika