duimnael|Die Kostrowicki-familie se wapen Guillaume Apollinaire (Franse uitspraak: ɡijom apɔlinɛʁ; 26 Augustus 1880 – 9 November 1918; gebore as Wilhelm Albert Włodzimierz Apolinary Kostrowicki) was 'n Franse digter, dramaturg, skrywer van kortverhale, romansier en kunskritikus van Pools-Wit-Russiese afkoms.

Apollinaire word beskou as een van die voorste digters van die vroeë 20ste eeu en as een van die mees onbevange en onverskrokke verdedigers van Kubisme, sowel as die voorvader van die Surrealisme. Hy word daarmee gekrediteer dat hy die term "Kubisme" in 1911 gemunt hetDaniel Robbins, 1964, Albert Gleizes 1881 – 1953, A Retrospective Exhibition, Gepubliseer deur Die Solomon R. Guggenheim Stigting, New York, in samewerking met die Musée National d'Art Moderne, Parys, Museum am Ostwall, Dortmund ten einde die opkomende kunsbeweging te beskryf, asook die term "surrealisme" in 1917 ten einde die werke van Erik Satie te beskryf. Die term "Orphisme" (1912) is ook syne. Hy het gedigte geskryf sonder leestekens, ten einde modern te wees wat beide vorm en onderwerp betref. Apollinaire het een van die vroegste surrealistiese literêre werke geskryf naamlik, die toneelstuk "The Breasts of Tiresias" (1917), wat die basis geword het vir Francis Poulenc se opera uit 1947 getiteld "Les mamelles de Tirésias".

Apollinaire was aktief as joernalis en kunskritikus vir Le Matin, L'Intransigeant, L'Esprit nouveau, Mercure de France, en Paris Journal. In 1912 was Apollinaire medestigter van Les Soirées de Paris, 'n artistieke en literêre tydskrif.

Twee jaar nadat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog gewond is, sterf Apollinaire in die Spaanse griep pandemie van 1918; hy was maar 38.

Lewe duimnael|thumbtime=1|upright=1.5|Apollinaire (links) en André Rouveyre in 1914 duimnael|Apollinaire, 1902, Cologne Wilhelm Albert Włodzimierz Apolinary Kostrowicki is gebore in Rome, Italië, en het van huis af Frans, Italiaans en Pools gepraat. Hy emigreer na Frankryk in sy laat tienerjare, en neem die naam Guillaume Apollinaire aan. Sy moeder, gebore Angelika Kostrowicka, was 'n Poolse edelvrou gebore naby Navahrudak, Grodno (in die hedendaagse Wit-Rusland). Sy oupagrootjie was 'n generaal in die Russiese keiserlike leër wat in die Krimoorlog gesterf het. Die identiteit van Apollinaire se vader is onbekend, maar dit was moontlik Francesco Costantino Camillo Flugi d'Aspermont (gebore in 1835), te wete 'n Graubündense aristokraat wat vroeg reeds uit die lewe van Apollinaire verdwyn het. Francesco Flugi von Aspermont was 'n neef van Conradin Flugi d'Aspermont (1787–1874), 'n digter wat in ladin putèr ('n amptelike dialek van Switserland wat in Engiadina ota gepraat is) geskryf het, en miskien ook van die Minnesänger Oswald von Wolkenstein (gebore c. 1377, sterf 2 Augustus 1445; sien Les ancêtres Grisons du poète Guillaume Apollinaire by Généanet).

Apollinaire verhuis uiteindelik van Rome na Parys en word een van die gewildste lede van die artistieke gemeenskap van Parys (beide in Montmartre en Montparnasse). Sy vriende en medewerkers in daardie periode het Pablo Picasso, Henri Rousseau, Gertrude Stein, Max Jacob, André Salmon, André Breton, André Derain, Faik Konitza, Blaise Cendrars, Pierre Reverdy, Alexandra Exter, Jean Cocteau, Erik Satie, Ossip Zadkine, Marc Chagall, Marcel Duchamp en Jean Metzinger ingesluit. Hy raak romanties betrokke met Marie Laurencin, wat dikwels as sy muse geïdentifiseer word. Terwyl hy daar was, het hy betrokke geraak by anargisme en homself as 'n Dreyfusard ('n ondersteuner van Dreyfus en sy onskuld) verklaar.Claude Schumacher, Alfred Jarry and Guillaume Apollinaire, Modern Dramatists, Macmillan International Higher Education, 1984, pp. 4, 14, 23, 148, 168,

Metzinger het die eerste Kubistiese portret van Apollinaire geskilder. In sy Vie anecdotique (16 Oktober 1911) skryf die digter trots: "Ek is geëerd om die eerste model te wees van 'n Kubistiese skilder, Jean Metzinger, vir 'n portret wat in 1910 in die Salon des Indépendants uitgestal is." Volgens Apollinaire was dit nie net die eerste Kubistiese portret nie, maar was dit ook die eerste groot portret van die digter wat in die openbaar uitgestal is, voor andere deur Louis Marcoussis, Amedeo Modigliani, Mikhail Larionov en Picasso.Jean Metzinger, 1910, Portrait of Guillaume Apollinaire, Christie's Paris, 2007.

duimnael|"La Joconde est Retrouvée" (Die Mona Lisa is gevind), Le Petit Parisien, 13559, 13 Desember 1913 In 1911 sluit hy hom aan by die Puteaux-groep, 'n tak van die Kubistiese beweging wat weldra bekend sou staan as die Section d'Or. Die openingsrede van die 1912 Salon de la Section d'Or — die belangrikste Kubistiese-tentoonstelling voor die Eerste Wêreldoorlog — is deur Apollinaire gegee.La Section d'Or, Numéro spécial, 9 Octobre 1912.The History and Chronology of Cubism , bl. 5.

Op 7 September 1911 het die polisie hom gearresteer en tronk toe gestuur weens die vermoede dat hy meegehelp het aan die diefstal van die Mona Lisa en 'n aantal Egiptiese beelde uit die Louvre."Un homme de lettres connu est arrêté comme recéleur", Le Petit Parisien, 9 September 1911 (in Frans). Die polisie het hom egter 'n week later vrygelaat. Die diefstal van die standbeelde is gepleeg deur 'n voormalige sekretaris van Apollinaire, eerw. Joseph Géry Pieret, wat een van die gesteelde standbeelde aan die Franse koerant Paris-Journal terugbesorg het. Apollinaire het sy vriend Picasso, wat ook vir ondervraging ingebring is, in die diefstal van die Mona Lisa betrek, maar ook hy is vrygespreek.Richard Lacayo, "Art's Great Whodunit: The Mona Lisa Theft of 1911" , Time, 27 April 2009.

Die diefstal van die Mona Lisa is uitgevoer deur Vincenzo Peruggia, wat alleen opgetree het, en eers twee jaar later betrap is toe hy die skildery in Florence probeer verkwansel het.

Kubisme

Apollinaire het die voorwoord geskryf vir die eerste Kubistiese uitstalling buite Parys getiteld VIII Salon des Indépendants, Brussel, 1911.Préface, in Catalogue du 8e Salon annuel du Cercle d'art Les Indépendants, Musée moderne de Bruxelles, 10 Junie – 3 Julie 1911. In 'n openhartige voorwoord tot die katalogus van die Brusselse Indépendants-skou, het Apollinaire verklaar dat hierdie 'nuwe skilders' die benaming Kubiste aanvaar het wat aan hulle gegee is. Hy het Kubisme beskryf as 'n nuwe manifestasie en hoë kuns [manifestation nouvelle et très élevée de l'art], en nie 'n stelsel wat talent beperk [non-point un système contraignant les talents] nie, en dat die verskille wat nie net die talent nie, maar selfs die style van hierdie kunstenaars kenmerk, 'n duidelike bewys hiervan is.Douglas Cooper, 1971, Douglas Cooper, The Cubist Epoch, Los Angeles County Museum of Art, Metropolitan Museum of Art, New York, N.Y., 1970, p. 97Françoise Roberts-Jones, Chronique d'un musée: Musée royal des beaux-arts de Belgique, Bruxelles. Die kunstenaars wat by hierdie nuwe beweging betrokke was het volgens Apollinaire Pablo Picasso, Georges Braque, Jean Metzinger, Albert Gleizes, Robert Delaunay, Fernand Léger, en Henri Le Fauconnier ingesluit.Daniel Robbins, 1985, Jean Metzinger in Retrospect, Jean Metzinger: At the Center of Cubism, University of Iowa Museum of Art, Iowa City, J. Paul Getty Trust, University of Washington Press, pp. 9–23 Teen 1912 het andere aangesluit by die Kubiste, met onder andere Jacques Villon, Marcel Duchamp, Raymond Duchamp-Villon, Francis Picabia, Juan Gris, en Roger de La Fresnaye.Guillaume Apollinaire, Les Peintres Cubistes (The Cubist Painters) published in 1913, Peter Read (Translator), University of California Press, 25 Oktober 2004Herschel Browning Chipp, Peter Selz, Theories of Modern Art: A Source Book by Artists and Critics, University of California Press, 1968, pp. 221–248,

Orphisme Die term Orphisme is in 1912 deur Apollinaire in die Salon de la Section d'Or bedink, met verwysing na die werke van Robert Delaunay en František Kupka. Tydens sy lesing by die Section d'Or-tentoonstelling het Apollinaire drie van Kupka se abstrakte werke aangebied as perfekte voorbeelde van "suiwer skilderkuns", so anti-figuratief soos musiek.

In Les Peintres Cubistes, Méditations Esthétiques (1913) beskryf Apollinaire Orphisme as "die kuns om nuwe totaliteite te skilder met elemente wat die kunstenaar nie uit die visuele werklikheid neem nie, maar geheel en al self skep. [...] 'n Orfiese skilder se werke moet 'n "ongehinderde estetiese genot" oordra, maar terselfdertyd 'n "betekenisvolle struktuur en sublieme betekenis oordra". Volgens Apollinaire het Orphisme die oorhoofse beweging na 'n heeltemal nuwe kunsvorm verteenwoordig, net soos met musiek teenoor letterkunde.Hajo Düchting, Orphism, MoMA, From Grove Art Online, 2009 Oxford University Press.

Surrealisme Die term Surrealisme is die eerste keer in 1917 deur Apollinaire gebruik met verwysing na die ballet Parade. Die digter Arthur Rimbaud wou 'n visioenêr wees, hy wou die verborge kant van dinge binne die koninkryk van 'n ander werklikheid waarneem. Saam met Rimbaud, het Apollinaire gesoek na 'n verborge en geheimsinnige werklikheid. Die term "surrealisme" verskyn vir die eerste keer in Maart 1917 (Chronologie de Dada et du surréalisme, 1917) in 'n brief van Apollinaire aan Paul Dermée: "Alle dinge in ag geneem, dink ek, is dit beter om surrealisme as bonaturalisme aan te neem, wat ek die eerste keer gebruik het ["Tout bien examiné, je crois en effet qu'il vaut mieux adopter surréalisme que surnaturalisme que j'avais d'abord employé"].Jean-Paul Clébert, Dictionnaire du surréalisme, A.T.P. & Le Seuil, Chamalières, p. 17, 1996.

Hy het Parade beskryf as 'n soort surrealisme ("une sorte de surréalisme") toe hy die daaropvolgende week die program geskryf het, en sodoende het hy dus die woord gemunt, drie jaar voordat Surrealisme as 'n kunsbeweging in Parys ontstaan het.Hargrove, Nancy (1998). "The Great Parade: Cocteau, Picasso, Satie, Massine, Diaghilev—and T.S. Eliot". Journal for the Interdisciplinary Study of Literature 31 (1)

Eerste Wêreldoorlog Apollinaire het tydens die Eerste Wêreldoorlog as 'n infanterie-offisier gedien, en in 1916 'n ernstige wond aan sy hoof opgedoen waarvan hy nooit ten volle sou herstel nie. Hy skryf Les Mamelles de Tirésias terwyl hy van hierdie wond herstel. Gedurende hierdie tydperk het hy die woord "Surrealisme" in die programnotas vir Jean Cocteau en Erik Satie se ballet Parade, wat die eerste keer op 18 Mei 1917 opgevoer is, gemunt. Hy publiseer ook 'n artistieke manifes getiteld L'Esprit nouveau et les poètes. Apollinaire se status as literêre kritikus is die invloedrykste in sy erkenning van die Markies de Sade, wie se werke vir 'n lang tyd obskuur was, maar tog gewild geword het as invloed op die Dadaïstiese en Surrealistiese kunsbewegings wat in die begin van die twintigste eeu in Montparnasse ontstaan het, as "Die vryste gees wat nog bestaan het."

Die verswakte Apollinaire sterf aan griep tydens die Spaanse griep pandemie van 1918. Hy is in die Père Lachaise-begraafplaas in Parys begrawe.

Werke In 1900 skryf hy sy eerste roman getiteld Mirely, ou le petit trou pas cher (pornografies), wat uiteindelik verlore gegaan het. Apollinaire se eerste bundel poësie was getiteld L'enchanteur pourrissant (1909), maar Alcools (1913) vestig sy reputasie. Die gedigte, wat deels beïnvloed is deur die simbolisme, kombineer die ou en die nuwe, en kombineer tradisionele poëtiese vorms met moderne beeldspraak. In 1913 publiseer Apollinaire die essay getiteld "Les Peintres Cubistes, Méditations Esthétiques" (Afrikaans: "Die kubistiese skilders, estetiese meditasies" wat handel oor die kubistiese skilders, 'n beweging wat hy help definieer het. Hy het ook die term orphisme geskep ten einde die neiging tot absolute abstraksie in die skilderye van Robert Delaunay en andere te beskryf.