Die Pretoria-aalwyn (Aloe pretoriensis) is 'n vetplant wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie kom wydverspreid maar kol-kol voor, vanaf Pretoria deur Limpopo, Mpumalanga, en in die oostelike distrikte van Zimbabwe en Eswatini. Dit word nie bedreig nie, maar 'n sterk afname het in die Bankenveld-gebied van Gauteng voorgekom weens menslike ontwikkeling. Dit blom in die winter en word deur insekte en voëls bestuif.

Die plant word 0,5 m tot 1,0 m hoog. In die winter (Mei tot Julie) groei daar 'n lang, vertakte bloeiwyse uit die plant wat tot 3 m hoog kan reik. Die perske-rooi blomme is in etlike slanke raseme gerangskik. Die sukkulent het dun blare, wat ongewoon is vir aalwyne. Die blare word tot 500 mm lank en 150 mm breed, is gepunt en ligblouerig-groen van kleur met vertikale strepe op. Daar is digte dorings op die basis van die blare en die rande van die blare is getand.

In Engels staan dit as die Pretoria aloe bekend. links|duimnael|210px|Die kenmerkende digte roset van dun blare is opmerklik in hierdie verboude plant. Die geharde spesie word maklik gekweek, maar is vatbaar vir myt-, plantluis- en roesbesmetting.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Verwysings

pretoriensis Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe