Die tarentaalaalwyn (Aristaloe aristata, voorheen Aloe aristata) is die enigste spesie wat tot die genus Aristaloe hoort en Aristaloe is dus 'n monotipiese takson. Die plant kom in Lesotho, Vrystaat, KwaZulu-Natal, die Noord- en Oos-Kaap voor. Die plant is klein, die blare vorm digte rosette wat tot 150 mm in deursnee word. Dit is 'n gewilde huis plant en blom van November tot Desember. Die blare is dik, inwaarts gebuig en 80 - 100 mm lank. Hulle is groen met wit punte.

Die plant se habitat wissel, in die Karoo kom hulle in warm, droë sanderige gebiede voor, maar op ander plekke word hulle gevind in diep, skaduryke rivierwoude asook die bergagtige grasveld van Lesotho.

In Engels staan dit as die Guinea-fowl Aloe bekend en in Afrikaans as die baardaalwyn en die langnaaldaalwyn.

Galery

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronne SANBI-rooilys World of Succulents Plants of the World Online Pooley, Elsa: Mountain Flowers. The Flora Publications Trust. 2003.

Verwysings

Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika