Die vingerpol (Euphorbia caput-medusae) is 'n struik wat tot die genus Euphorbia behoort en ook saam met fynbos voorkom. Die spesie is endemies aan die Noord- en Wes-Kaap. Die struik kom op sanderige gelyktes voor langs die kus en klipperige hange, vanaf Oranjemund tot by die Kaapse Skiereiland en ook by Mosselbaai.
Dit is 'n struik wat tot 40 cm hoog word. Die takke word 10 tot 30 mm in deursnee. Dit gee 'n melksap af wanneer dit beskadig word. Die blare is smal, vlesig en verwelk gou. Die blomhofies word omring deur diep gefraiingde groen en wit kliere wat soos kroonblare lyk, dit is 12 - 20 mm in deursnee.
Die naam medusae verwys na Medusa se kop, wat met slange bedek was.
Galery
Bronnelys Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, REDLIST Sanbi Plants of the World Online
caput-medusae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika