Die buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika strek vanaf die land se tyd onder heerskappy van die Britse Ryk deur sy sy isolasionistiese tydvak onder apartheid tot sy posisie as 'n verantwoordelike internasionale akteur wat 'n sleutelrol in Afrika, veral Suider-Afrika, speel. Suid-Afrika is 'n lid van die Verenigde Nasies, die Afrika-unie, BRICS en die Statebond. Suid-Afrika is as 'n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, in 2006, 2010 en 2018 deur die VN se Algemene Vergadering verkies. Suid-Afrika dien tans op VN Veiligheidsraad vir die periode 2019–2020. Die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa is die huidige voorsitter van die Afrika-unie, die tweede keer dat Suid-Afrika voorsitter is van die organisasie sedert die stigting in 2003.Significant expectations of SA as Ramaphosa becomes AU

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Department of International Relations and Cooperation – DIRCO) is die ministerie van buitelandse sake van die Suid-Afrikaanse regering. Dié departement is verantwoordelik vir die buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika en dus die land se verhoudings met die buiteland en internasionale organisasies, sowel as die bestuur Suid-Afrika se diplomatieke missies in die buiteland. Die departement word gelei deur die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, tans Ronald Lamola.

Geskiedenis Voor-Apartheid Suid-Afrika het, as 'n sleutellid van die Britse Ryk en die Gemenebes as 'n dominium, saam met die Verenigde Koninkryk en die Geallieerdes in beide die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog geveg, en dit het aan die VN-mag in die Koreaanse oorlog deelgeneem. Suid-Afrika was 'n stigterslid van die Volkebond en stig in 1927 'n Departement van Buitelandse Sake met diplomatieke missies in die belangrikste Wes-Europese lande en in die Verenigde State.

Apartheid Suid-Afrika het apartheid in 1948 ingestel as 'n stelselmatige uitbreiding van die bestaande rassediskriminasie in die land. Gevolglik het die land internasionaal meer geïsoleer geraak totdat apartheid in 1991 afgeskaf is en rasse-gelykheid tussen 1990–1993 ingestel is. Hierdie oorgang het 'n verandering in Suid-Afrika se buitelandse beleid veroorsaak. Die land het opgehou om 'n regionale hegemoon te wees en het die land geposisioneer om 'n sentrale spilpunt vir samewerking in die streek te wees.

Post-apartheid Suid-Afrika het, na die internasionale isolasie van die apartheidsera, na vore gekom as 'n toonaangewende internasionale akteur. Die belangrikste doelwit van buitelandse beleid is om goeie betrekkinge met alle lande, veral sy bure in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die ander lede van die Afrika-unie, te ontwikkel. Suid-Afrika het 'n sleutelrol gespeel om 'n einde te maak aan verskillende konflikte en politieke krisisse op die vasteland van Afrika, onder meer in Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Comore-eilande en Zimbabwe. In Augustus 1998 het Suid-Afrika die voorsitterskap van die Beweging van Onverbonde Lande tot in Julie 2002 beklee.

Afrika

Staat Formele betrekkinge beginNotasNovember 1997 Die politieke betrekkinge tussen die Suid-Afrikaanse bevrydingsbeweging en Algerië dateer uit die 1950's / 1960's. Algerië het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Algiers.27 Mei 1994 Die betrekkinge tussen Suid-Afrika is taamlik sterk, aangesien die regerende partye in beide lande – die African National Congress in Suid-Afrika en die MPLA in Angola – saamgeveg het tydens die Angolese Burgeroorlog en Suid-Afrikaanse Grensoorlog. Hulle het geveg teen UNITA rebelle, gebaseer in Angola, en die apartheid -tydse regering in Suid-Afrika wat hulle ondersteun het. Nelson Mandela bemiddel tussen die MPLA- en UNITA-faksies gedurende die laaste jare van Angola se burgeroorlog.

Angola het 'n ambassade in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Kaapstad, Durban en Johannesburg. Suid-Afrika het 'n ambassade in Luanda.19 Mei 1994 Benin het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Cotonou.22 Junie 1994 Botswana het 'n hoëkommissaris in Pretoria en konsulaat-generaals in Kaapstad en Johannesburg. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Gaborone.Mei 1995 Albei lande het in Mei 1995 diplomatieke betrekkinge aangeknoop.23 Junie 1995 Albei lande het op 23 Junie 1995 diplomatieke betrekkinge aangeknoop.1983 Die Comore-eilande het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Moroni.29 April 1994 Kameroen het 'n hoëkommissaris in Pretoria. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Yaoundé.Mei 1992 Ivoorkus het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Abidjan.1994 Albei lande het op 4 April 1994 diplomatieke betrekkinge aangeknoop. Kaap Verde is geakkrediteer tot Suid-Afrika van sy ambassade in Luanda, Angola. Suid-Afrika geakkrediteer tot Kaap Verde van sy ambassade in Dakar, Senegal. Demokratiese Republiek van die Kongo het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Kinshasa en 'n konsulaat-generaal in Lubumbashi.11 Oktober 1993 Egipte het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Cairo.5 Mei 1993 Ekwatoriaal-Guinee het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Malabo.1 Oktober 1993 Eswatini het 'n hoëkommissaris in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Johannesburg. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Mbabane.1994 Ethiopië het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Addis Abeba.15 Oktober 1992 Gaboen het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Libreville.25 Mei 1994 Ghana het 'n hoëkommissaris in Pretoria. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Accra.1994 Albei lande het op 11 Oktober 1994 diplomatieke betrekkinge gevestig. Guinee-Bissau beskik oor 'n ere-konsul in Johannesburg. Suid-Afrika het 'n ambassade in Bissau.8 Mei 1992 Kenia het 'n hoëkommissaris in Pretoria. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Nairobi.22 Maart 1993 Die Republiek van die Kongo het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Brazzaville.http://www.dirco.gov.za/foreign/bilateral/congo.html|title=Congo1 Desember 1992 Lesotho het 'n hoëkommissie in Pretoria en konsulaat-generaal in Kaapstad en Durban en konsulate in Klerksdorp en Welkom. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Maseru.19 November 1996 Libië het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika is geakkrediteer tot Libië van die ambassade in Tunis, Tunisië.1994 Madagaskar het 'n ambassade in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Kaapstad. Suid-Afrika het 'n ambassade in Antananarivo. Sedert Suid-Afrika en Malawi hul eerste demokratiese verkiesing in 1994 gehad het, het Malawi en Suid-Afrika die betrekkinge versterk. In 2008 het die twee regerings 'n Memorandum of Understanding onderteken wat ontwerp is om die verhouding tussen die twee lande te verbeter deur verskerpte veiligheidsamewerking.Country, Malawi to Enhance Defence Co-Operation by Bathandwa Mbola, BuaNews, 25 Februarie 2008 Malawi het 'n hoëkommissaris in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Johannesburg. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Lilongwe.1995 Albei lande het op Januarie 1995 diplomatieke betrekkinge gevestig. Mauritanië het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Nouakchott.2 September 1991 Marokko het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Rabat.Oktober 1993 Mosambiek het 'n hoëkommissaris in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Johannesburg en konsulate in Kaapstad, Durban en Nelspruit. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Maputo.1994 Na onafhanklikheid in 1990 was die ekonomie van Namibië nog steeds gekoppel aan Suid-Afrika. Tot vandag toe is die ekonomie van Namibië steeds nou met Suid-Afrika verbind deur middel van beide institusionele verhoudings (Suider-Afrikaanse Doeane-unie, en byvoorbeeld) en privaat mynkonsessies. Die Suid-Afrikaanse rand is steeds 'n wettige geldeenheid in Namibië (terwyl die Namibiese dollar nie so is in Suid-Afrika nie), en die geldeenhede word gelyk verhandel. Namibië het 'n hoëkommissaris in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Kaapstad. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Windhoek.21 Februarie 1994 Nigerië het 'n hoëkommissaris in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Johannesburg Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Abuja en 'n konsulaat-generaal in Lagos.Mei 1995 Rwanda het 'n hoëkommissaris in Pretoria. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Kigali. São Tomé en Príncipe1994 Albei lande het op 10 Mei 1994 diplomatieke betrekkinge gevestig. São Tomé en Príncipe is geakkrediteer aan Suid-Afrika via sy ambassade in Luanda, Angola. Suid-Afrika het 'n ambassade in São Tomé. Senegal het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in Dakar.1993 Albei lande het op 23 Augustus 1993 diplomatieke betrekkinge aangeknoop. Die Sentraal-Afrikaanse Republiek het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika is geakkrediteer tot die Sentraal-Afrikaanse Republiek deur sy hoëkommissaris in Yaoundé, Kameroen.1998 Albei lande het in Augustus 1998 diplomatieke betrekkinge gevestig. Sierra Leone is geakkrediteer tot Suid-Afrika deur hul ambassade in Addis Ababa, Ethiopië. Suid-Afrika is geakkrediteer tot Sierra Leone van sy hoëkommissaris in Accra, Ghana.22 September 2011 Suid-Afrika het 'n ambassade in Juba. Suid-Soedan het 'n ambassade in Pretoria.1994 Suid-Afrika het 'n ambassade in Khartoum. Soedan het 'n ambassade in Pretoria.13 Maart 2012 Suid-Afrika het op 13 Maart 2012 formele diplomatieke betrekkinge met Somalië aangeknoop en R100 miljoen toegewys om die oorgangsregering te help om voldoende regeringsinstellings in die land te skep. Suid-Afrika hoëkommissaris in Nairobi is geakkrediteer tot Somalië. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Dar-es-Salaam. Tanzanië het 'n hoëkommissaris in Pretoria.1997 Albei lande het op 13 Januarie 1997 diplomatieke betrekkinge gevestig. Suid-Afrika is geakkrediteer tot Togo van sy ambassade in Cotonou, Benin. Togo het 'n ambassade in Pretoria.21 Oktober 1994 Tsjad het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n ambassade in N'Djamena. Suid-Afrika het 'n ambassade in Tunis. Tunisië het 'n ambassade in Pretoria. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Kampala. Uganda het 'n hoëkommissaris in Pretoria. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Lusaka. Zambië het 'n hoëkommissaris in Pretoria Die regering van Zimbabwe het veral belanggestel in die soeke na onafhanklikheid vir Namibië (Suidwes-Afrika) van Suid-Afrika. Boonop het Zimbabwe, as voorsitter van die frontliniestate in Suider-Afrika, heftig uitgespreek teen die beleid van apartheid in Suid-Afrika en gereeld gevra vir ekonomiese sanksies teen die regering. Hoewel hy demokratiese verandering in Suid-Afrika ondersteun, het Mugabe egter nie die idee dat Zimbabwe as basis vir anti-Suid-Afrikaanse guerilla's gebruik word, ondersteun nie.US Department of State – Background Note: Zimbabwe. Besoek op 29 November 2008.

In die afgelope jare, na die politieke krisis in die land, het die voormalige president Thabo Mbeki tussen die MDC en ZANU–PF bemiddel om 'n nasionale eenheidsregering te vorm, en het hy dikwels stilgebly oor die kwessies in Zimbabwe, wat kritiek ontlok het."Mbeki urges patience in Zimbabwe", The National Post, 8 April 2008. Na 'n Cholera-uitbraak in Zimbabwe,het die regerende ANC in Suid-Afrika ongeduldig geword en het die partye aangespoor om 'n eenheidsregering te vorm."Zuma says summit must "force" Zimbabwe deal" , Reuters, 7 November 2008. Suid-Afrika het 'n ambassade in Harare. Zimbabwe het 'n ambassade in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Johannesburg.

Amerikas

Staat Formele betrekkinge beginNotas Albei lande het diplomatieke betrekkinge aangeknoop. Albei lande is lede van die Statebond. Diplomatieke betrekkinge is in 1982 met die Falklandoorlog verbreek. In Augustus 1991 is volle diplomatieke betrekkinge tussen albei lande hervat. Argentinië het 'n ambassade in Pretoria Suid-Afrika het 'n ambassade in Buenos Aires.