Die bergbamboes (Bergbambos tessellata) is een van twee spesies bamboes wat endemies aan Afrika is. Dit kom voor op die berge van Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini. In Suid-Afrika kom dit voor in die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal op hoogtes van 1 500 - 2 000 m. Die spesie is taai, oorleef ryp en wind en verkies, klam, koeler rotsagtige plekke om in te groei. Hulle is immergroen en meerjarig. Dit word 1 - 5 m hoog, met die stamme 20 - 25 mm in deursnee. Die blare word 40 - 150 mm lank en 8 - 15 mm breed.

Die plant blom slegs elke 45 jaar, rekords wys dat hulle in 1908, 1953 en 1998/99 geblom het. Die Bamboesberg is na die plant vernoem. Die plant is in 2013 deur Stapleton in sy eie genus geplaas. Voorheen was dit deel van Thamnocalamus, dit is dus 'n monotipiese takson.

Die boom se FSA-nommer is 21.5.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die ander bamboesspesie wat inheems aan Afrika is, is Oxytenanthera abyssinica.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi PlantzAfrica Plants of the World Online

Kategorie:Struike Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika