Neville Andre-Itope (gebore 1979 of 1980 in Walvisbaai, Suidwes-Afrika) is 'n Namibiese politikus en die goewerneur van Erongo.

Andre het sy skoolloopbaan in Walvisbaai voltooi voordat hy na die hoofstad, Windhoek, verhuis het. Hy het politieke wetenskap en geskiedenis aan die Universiteit van Namibië gestudeer en 'n BA-graad verwerf. Andre het ook aan beide Harvard-universiteit in die Verenigde State en die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika gestudeer.Meet Governor Neville Andre-Itope. Namib Times, 17 April 2020.

Andre was al op 'n jong ouderdom polities aktief en het by die SWAPO-jeugliga aangesluit. Hy het vir meer 12 jaar as 'n kabinetsekretaris gewerk. Andre is op 7 April 2020 as die goewerneur van Erongo verkies.

Andre is getroud en het twee kinders. Hy het al talle liggaamsboukompetisies gewen.

Verwysings

Eksterne skakels Governor

Kategorie:Namibiërs Kategorie:Namibiese politici Kategorie:Lewende mense