Die beeskrag (Euphorbia hamata) is 'n struik en vetplant wat tot die genus Euphorbia behoort. Die struik kom in die Noord-Kaap en Wes-Kaap voor. Dit kom ook in Namibië naby Rosh Pinah voor. Dit is 'n bosagtige struik wat tot 45 cm hoog word. Die takke is driehoekig en word 6 tot 13 mm in deursnee. Dit gee 'n melksap af wanneer dit beskadig word. Die blare is ellipties en val gou af. Die blomhofies is eenslagtig, alleenstaande op die punte en word omring deur drie, pienkagtige skutblare. Hulle gelerig, heuninggeurig en 5 - 7 mm in deursnee.

Galery

Bronnelys Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Struike hamata Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika