Die diklootmelkbos (Euphorbia dregeana) is 'n struik wat tot die genus Euphorbia behoort. Die struik is inheems in die Noord-Kaap en Namibië. Dit is 'n geronde, sukkulente struik wat tot 2 m hoog word. Die takke is lank en latvormig en 8 tot 12 mm in deursnee. Dit gee 'n melksap af wanneer dit beskadig word. Die blomhofies kom voor in trosse op die punte, is gelerig en 6 - 8 mm in deursnee.

Die struik kom in Silwerfontein, oos van Springbok voor. Die verspreidingsgebied strek van Lüderitz (Namibië) in die noorde tot Kamieskroon (Suid-Afrika) in die suide.

Galery

Bronnelys Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, REDLIST Sanbi Plants of the World Online

dregeana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika