Mogamad Nazier Paulsen is 'n Wes-Kaapse lid van die Nasionale Vergadering vir die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF). Hy was voorheen lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement.EFF MP allegedly can’t wait to ‘moer’ the BLF in parliament, The Citizen, 8 Mei 2019. Besoek op 16 Augustus 2019.
Vroeë lewe en onderwys Nazier Paulsen en sy gesin was deel van die anti-apartheidsbeweging. Paulsen was lid van die United Democratic Front.Mr Nazier Paulsen (EFF), People's Assembly, 15 Januarie 2018. Besoek op 16 Augustus 2019. Hy het 'n BCom-honneursgraad en 'n nagraadse diploma in verspreide stelsels aan die Universiteit van Kaapstad behaal.
Loopbaan Paulsen het na sy studies as 'n dosent van inligting en tegnologie aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gewerk. Paulsen was ook voorsitter van beide die Mitchells Plain Community Development Corporation en die South African Progressive Civic Organisation (SAPCO).Nazier Paulsen and Hlayiseka Chewane sworn in as MPs - EFF, Politicsweb, 3 Junie 2015. Besoek op 16 Augustus 2019.
Paulsen het in 2013 by die Ekonomiese Vryheidsvegters aangesluit. Hy was die party se Wes-Kaapse premierskandidaat vir die 2014-verkiesing. Die EFF het een setel in die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement verower en Paulsen het daardie setel op 21 Mei 2014 gevul.Felix, Jason. EFF names W Cape candidates, Cape Town, IOL, 25 Maart 2014. Besoek op 16 Augustus 2019.EFF leader to give rivals ‘sleepless nights’ in legislature, IOL, 9 Mei 2014. Besoek op 16 Augustus 2019.
In Mei 2015 het die EFF hom as lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika benoem. Bernard Joseph het hom as die party se verteenwoordiger in die Provinsiale Parlement opgevolg. Paulsen is in Mei 2019 tot 'n tweede termyn as parlementslid herkies.
Verwysings
Eksterne skakels
Mogamad Nazier Paulsen by Volksvergadering Mogamad Nazier Paulsen by die Parlement van Suid-Afrika
Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Economic Freedom Fighters