Die Alfabetmoorde (ook bekend as die Dubbelvoorlettermoorde) is ’n onopgeloste reeks kindermoorde tussen 1971 en 1973 in Rochester, New York.Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 pp. 34-43

Al die slagoffers van die Alfabetmoorde was meisies van 10 en 11 jaar oud wie se voornaam met dieselfde letter as haar van begin het. Hulle is almal seksueel aangerand en verwurgAlphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 98 voordat hulle liggaam in of naby ’n dorp gelos is wat met dieselfde voorletter as hulle voornaam en van begin het.Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 34Serial Murderers and Their Victims p. 458

Die ondersoekers het meer as 800 verdagtes ondervra, maar die moorde is nooit opgelos nie.

Moorde Carmen Colón Op 16 November 1971 om 16:20 het die 10-jarige Puerto Ricaaanse meisie Carmen Colón in Rochester, New York, verdwyn op pad terug huis toe ná ’n besoek aan die plaaslike apteek. Volgens getuies het Colón die apteek waarheen haar ouma haar gestuur het, verlaat toe sy hoor die voorskrif wat sy moes gaan haal, is nog nie gereed nie. Sy het aan die eienaar, Jack Corbin, gesê: "Ek moet gaan. Ek moet gaan." Sy is toe gesien waar sy in ’n motor klim wat daarnaby geparkeer was. Colón se ma het haar om 19:50 as vermis aangegee.Nightmare in Rochester: The Double-Initial Murders p. 16

Sowat 50 minute nadat Colón die apteek verlaat het, het talle motoriste op Interstate 490 die kind met ’n kaal onderlyf aan die teenoorgestelde kant van die pad sien hardloop terwyl ’n voertuig, glo ’n donker Ford Pinto-luikrug, agteruitry agter haar aan.The Devil at Genesee Junction p. 63 Die meisie het haar arms wild geswaai en geskree in ’n poging om motors te laat stilhou.Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 35 Minstens een motoris het gesien hoe sy deur haar ontvoerder na die voertuig teruggelei word.Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 7 In die spitsverkeer het niemand stilgehou om haar te help nieThe Devil at Genesee Junction pp. 63-64 en dit het later groot openbare woede ontlok.

Haar lyk is twee dae later naby Interstate 490 gevind, buite die dorp Churchville. In ’n lykskouing is bevind sy is verkrag, het ’n beenbreuk in haar skedel gehad en is daarna met die hand verwurg. Daar was ook talle krapmerke aan haar lyf.

Wanda Walkowicz Sewentien maande later, op 2 April 1973 kort ná 17:00, het die 11-jarige Wanda Walkowicz uit die oostelike deel van Rochester verdwyn terwyl sy op pad huis toe was. Volgens die eienaar van die delikatesse waar Walkowicz was, is sy daarheen gestuur om kruideniersware te koop. Om 17:15 het sy begin terugloop huis toe. Haar ma het haar om 20:00 as vermis aangegee.

Die polisie het onmiddellik ’n soektog gelas. Die omgewing om die winkel en die plekke waar sy graag gespeel het, is deursoek. Niks is egter gevind nie, Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 38 hoewel ’n paar inwoners van die buurt Walkowicz gesien het terwyl sy sukkel om die inkopiesak te dra. Terwyl sy die sak teen ’n heining gedruk het om haar greep te verander, het ’n bruin voertuig verby haar gery.Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 38

Walkowicz se liggaam, ten volle geklee, is die volgende dag om 10:15 deur ’n polisieman gevind aan die voet van ’n heuwel aan State Route 104 in Webster, sowat 10 km van Rochester af.Still at Large: A Casebook of 20th Century Serial Killers who Eluded Justice p. 8 Die posisie van haar liggaam het daarop gedui dat sy waarskynlik uit ’n bewegende voertuig gegooi is en haar liggaam teen die heuwel afgerol het.Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 38

In ’n lykskouing is bevind sy is verkrag en toe met ’n voorwerp soos ’n gordel van agter af verwurg. Verskeie verdedigingswonde het gewys Walkowicz het teen haar moordenaar geveg. Haar klere is weer aangetrek nadat sy vermoor is.The Devil at Genesee Junction p. 64 In die lykskouing is spore van semen en pubiese hare aan die liggaam gevind. Verder is verskeie wit kathare aan haar klere gevind, hoewel die Walkowicz-gesin nie ’n wit troeteldier gehad het nie.Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 91

Nadat ’n beloning uitgereik is vir inligting wat tot die inhegtenisneming en veroordeling van die moordenaar kon lei,Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 pp. 39-40 het ’n ooggetuie vertel hy het Walkowicz aan die passasierskant van ’n groot bruin voertuig sien staan terwyl sy met die bestuurder gesels. Die ooggetuie kon nie die bestuurder duidelik sien nie,The Devil at Genesee Junction p. 64 maar die voertuig was baie naby Walkowicz se huis.Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 36 Nog iemand het vertel sy het gesien hoe ’n man ’n meisie met rooi hare op die aand van Walkowicz se verdwyning tussen 17:30 en 18:00 in ’n ligkleurige Dodge Dart dwing.Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 39

Rochester se polisiedepartement het enige voorstelle ontken dat daar ’n verband tussen Colón en Walkowicz se moord was.Nightmare in Rochester: The Double-Initial Murders p. 46

Michelle Maenza Sewe maande later, op die aand van 26 November 1973, het die 11-jarige Michelle Maenza se ma, Carolyn, haar as vermis aangegee nadat die kind nie van die skool af teruggekom het nie. Daar is vasgestel Maenza is om 15:20 laas deur haar skoolmaats gesien op pad na ’n inkopiesentrum naby die skool om haar ma se beursie te gaan haal wat sy vroeër die dag in ’n winkel vergeet het.Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 40 Sowat 10 minute later het ’n ooggetuie Maenza aan die passasierskant van ’n beige of taankleurige voertuig sien sit wat vinnig in die straat af gery het. Volgens die ooggetuie het die kind gehuil.

Om 17:30 het ’n motoris ’n man by ’n groot beige of taankleurige voertuig met ’n pap band sien staan.The Devil at Genesee Junction p. 64 Dit was aan Route 350 in die dorp Walworth en die man het ’n meisie wat die ooggetuie seker was Maenza was, aan haar pols vasgehou. Toe die ooggetuie stilhou en sy hulp aanbied, het die man die kind agter sy rug ingeruk.Nightmare in Rochester: The Double-Initial Murders p. 71 Hy het voor die voertuig se nommerplaat gestaan. Die man het die ooggetuie so boos aangegluur dat laasgenoemde verplig gevoel het om weg te ry.

Maenza se ten volle geklede liggaam is op 28 November om 10:30 in ’n sloot in die dorp Macedon gekry, sowat 24 km van Rochester af. In ’n lykskouing is bevind sy het verskeie wonde aan haar lyf gehad wat met ’n stomp voorwerp toegedien is, sy is verkrag en van agter af met ’n voorwerp soos ’n dun tou verwurg. Verskeie wit kathare is aan haar klere gekry, en blare van die omgewing is in haar vuis gevind,Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 41 wat aandui dat sy waarskynlik vermoor is op of naby die plek waar haar lyk gekry is.The Encyclopedia of Unsolved Crimes p. 7 ’n Monster is van semen geneem, asook ’n palmafdruk aan haar nek.The Hillside Strangler: The Three Faces of America's Most Savage Rapist and the Shocking Revelations from the Sensational Los Angleles Trial p. 256Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 63

Ondersoek Al drie moorde het groot openbare belangstelling gelok en daar is wyd daaroor berig. Ná Maenza se moord het ondersoekers ’n profieltekening aan die media uitgereik van die persoon wat deur verskeie ooggetuies by die kind gesien is.The Devil at Genesee Junction p. 65 Nes met die ander twee moorde is ’n blitslyn daargestel, maar dié keer vir al drie moorde. ’n Beloning is ook weer uitgereik.The Hillside Strangler: The Three Faces of America's Most Savage Rapist and the Shocking Revelations from the Sensational Los Angleles Trial p. 256 Talle oproepe is ontvang, maar dit het geen noemenswaardige getuienis opgelewer nie.

Hoewel die ondersoekers meer as 800 verdagtes ondervra het, is die moorde nooit opgelos nie. Omdat al drie meisies uit ’n arm Katolieke huis gekom het,Unsolved Child Murders: Eighteen American Cases, 1956–1998 p. 43 min vriende gehad het en kort voor hulle moord geboelie isThe Hillside Strangler: The Three Faces of America's Most Savage Rapist and the Shocking Revelations from the Sensational Los Angleles Trial p. 255 of swak op skool gevaar het, het ondersoekers die moontlikheid nie uitgesluit nie dat die moordenaar gewerk het by, of kennis gehad het van, die praktyke van ’n maatskaplike agentskap.The Encyclopedia of Unsolved Crimes p. 7

Ooreenkomste Al drie slagoffers was voortienermeisies wat vroeg die middag in ligte of swaar reën in Rochester verdwyn hetThe Hillside Strangler: The Three Faces of America's Most Savage Rapist and the Shocking Revelations from the Sensational Los Angleles Trial pp. 255-256 en wie se liggaam later in naburige distrikte gevind is. Die liggame is óf ten volle óf halfgeklee ontdek naby ’n grootpad op ’n plek wat maklik met ’n voertuig bereik kon word.

Al drie was kortNightmare in Rochester: The Double-Initial Murders p. 18 en is verkrag voordat hulle vermoor is. Al drie is deur hulle skoolmaats as alleenlopers beskou.The Hillside Strangler: The Three Faces of America's Most Savage Rapist and the Shocking Revelations from the Sensational Los Angleles Trial pp. 255-256

Ondersoekers stem saam dit is onwaarskynlik dat die slagoffers gekies is omdat hulle voornaam en van met dieselfde letter begin het,Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 78 want dit sou beteken hulle moordenaar moes hulle lank agtervolg het, en dit sou die kans om aandag te trek verhoog. Sommige ondersoekers glo ook Colón is, anders as die ander twee, vermoor deur iemand wat haar geken het en dalk familie was.The Hillside Strangler: The Three Faces of America's Most Savage Rapist and the Shocking Revelations from the Sensational Los Angleles Trial p. 257

Verdagtes In die saak van Carmen Colón is haar oom, Miguel Colón, as ’n sterk kandidaat vir die moord beskou. Miguel was die broer van Colón se pa, Justiniano. Nadat die ouers geskei is, het hy ’n verhouding met die ma, Guillermina, aangeknoop.Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 2 Colón se oupa, Felix, het gewoonlik saam met haar apteek toe gestap, maar op die dag van haar moord het sy daarop aangedring om alleen te stap.

Net weke voor haar dood het haar oom ’n motor gekoop wat ooreenstem met die beskrywing van ooggetuies.Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 6 Ondersoekers het die voertuig ondersoek en gevind dit is binne en buite goed skoongemaak, en die kattebak is met ’n sterk skoonmaakmiddel gewas.Nightmare in Rochester: The Double Initial Murders p. 20 Nadat Miguel eers gevlug en hom daarna oorgegee het, kon hy nie ’n aanvaarbare alibi verskaf nie. Geen fisieke getuienis kon egter gevind word wat hom met die moord verbind nie.

Miguel het in 1991 op 44-jarige ouderdom selfmoord gepleeg ná ’n geval van gesinsgeweld waarin hy sy vrou en broer geskiet en gewond het.

Nog iemand wat as sterk kandidaat vir die Alfabetmoorde beskou is, is die 25-jarige brandbestryder Dennis Termini van Rochester. Termini was ’n reeksoortreder wat as die "Garageverkragter" bekend was. Hy het tussen 1971 en 1973 minstens 14 meisies en jong vroue verkrag. Hy het ook ’n beige voertuig gehad wat aan die beskrywing van moordooggetuies voldoen en het naby die plek gewoon waar Maenza laaste lewend gesien is.Alphabet Killer: The True Story of the Double Initial Murders p. 66