Willem Frederik Faber (gebore 15 Februarie 1968) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman en politikus wat sedert Mei 2019 as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Hy was 'n afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies tussen Mei 2009 en Mei 2019. Faber is 'n lid van die Demokratiese Alliansie (DA).
Loopbaan Faber het by die Demokratiese Alliansie aangesluit en was vir sewe jaar lank 'n raadslid van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit. Die munsipaliteit is in en rondom Kimberley, die Noord-Kaapse hoofstad, gesentreer.
Van 2004 tot 2009 het Faber vir die maatskappy Protech gewerk. In Mei 2009 is hy as 'n afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies aangewys. Sy kiesafdeling was die Noord-Kaap. Hy is in 2014 tot 'n tweede termyn herkies.
Faber is in Mei 2019 tot die laerhuis, die Nasionale Vergadering, verkies nadat hy tweede op die DA se nasionale lys geplaas is. Hy is as 'n sweep in die wetgewer verkies. Vanaf Junie 2019 dien hy as 'n plaasvervangende lid van die portefeuljekomitee vir sport, kuns en kultuur.
Persoonlike lewe Faber is woonagtig te Warrenton in die Noord-Kaap.
Verwysings
Eksterne skakels
Mnr Willem Frederik Faber - Volksvergadering
Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Afrikaners Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Afgevaardigdes van die Nasionale Raad van Provinsies