Chloroplast-DNS is die DNS van chloroplaste.C.Michael Hogan. 2010. Deoxyribonucleic acid. Encyclopedia of Earth. National Council for Science and the Environment. eds. S.Draggan and C.Cleveland. Washington DC Dit word gewoonlik afgekort tot cpDNS. Dit staan ook bekend as die plastoom wanneer daar na die genome van ander plastides verwys word. Die bestaan van chloroplast-DNS is die eerste in 1962 bewys en is die eerste in 1986 gesekwensieer toe twee Japannese navorsingspanne die chloroplast-DNS van lewermos en tabak gesekwensieer het. Sedertdien is honderde chloroplast-DNS'e van verskeie spesies – meestal landplante en groen alge – gesekwensieer.

Verwysings

Kategorie:Biochemie Kategorie:Genetika Kategorie:Biotegnologie