Die Keibroodboom (Encephalartos princeps) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan die Oos-Kaap en kom voor in die opvanggebied van die Groot-Keirivier. Die boom groei relatief stadig en word tot 5 m hoog. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Die jaarlikse reënval in die gebied waar dit voorkom varieer van 420 tot 520 mm. duimnael|links| Die boom is eers in 1965 deur Robert Allen Dyer as 'n unieke spesie geĭdentifiseer, voorheen is dit as deel van Encephalartos lehmannii beskou. Die plant se FSA-nommer is 12.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Kei cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi PZA Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika