Moloantoa Geoffrey "Geoff" Makhubo (8 Februarie 1968 – 9 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en die burgemeester van Johannesburg tot sy afsterwe. Makhubo was 'n lid van die African National Congress en die party se streeksvoorsitter in Johannesburg. Hy was die lid van die burgemeesterskomitee vir finansies onder die burgemeesterskap van Parks Tau.

Lewensloop Makhubo is op 8 Februarie 1968 in Soweto in die Transvaalprovinsie gebore. In 1990 het hy 'n BComm-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Hy het ook talle gevorderde bestuurskursusse voltooi.

Makhubo het as lid van die burgemeesterskomitee vir finansies onder die burgemeesterskap van Parks Tau gedien. Die ANC het in 2016 beheer van die Johannesburgse metropolitaanse munisipaliteit verloor. Makhubo was die ANC se streekstesourier voordat hy in Julie 2018 as die streeksvoorsitter verkies is. Ná die bedanking van Parks Tau in Mei 2019, is Makhubo as die ANC se nuwe koukusleier in raad verkies.

Op 28 November 2019 het die ANC aangekondig dat Makhubo hul burgemeesterskandidaat is. Dit volg nadat die DA se Herman Mashaba uit die amp bedank het. Hy is as burgemeester verkies op 4 Desember 2019 nadat hy 137 uit 268 stemme ontvang het. Die DA se Funzela Ngobeni het 101 stemme gekry, terwyl die EFF se Musa Novela 30 stemme gekry het. Makhubo was van bedrog, korrupsie en geldwassery beskuldig.

Sterfte Makhubo het op 9 Julie 2021 aan komplikasies van Covid-19 beswyk. Hy was vir 'n week lank gehospitaliseer.

Verwysings

Eksterne skakels

​​The Executive Mayor, Cllr Geoffrey Makhubo. Argiveer op 11 Junie 2020.

Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters Kategorie:Sterftes aan Kovis-19