Die Drakensbergbroodboom (Encephalartos ghellinckii) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap waar dit op die Drakensberg voorkom. Daar is twee variante van die plant: die groter weergawe wat op 1 100–1 800 m in die Drakensberg voorkom en die dwergweergawe wat op laer hoogtes voorkom naby die Umkomaasrivier en die noorde van die Oos-Kaap. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.

Die plant se FSA-nommer is 5.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Drakensberg cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne PZA Sanbi REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika