Die bosjesmansbrood (Encephalartos afer) is 'n broodboomspesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan die Oos-Kaap en kom in 'n kusstreek voor vanaf Humansdorp, verby Bathurst tot by Oos-London; Kentani in die voormalige Transkei tot so ver oos as Willowvale. Die struik word selde hoër as 1,2 m

Die boom se FSA-nommer is 14.11.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Grahamstown cycad of Eastern Cape dwarf cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne PlantZAfrica REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika