Die Wasagtige broodboom (Encephalartos cerinus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is seldsaam, endemies aan KwaZulu-Natal en kom in slegs een kloof by Tugela Ferry voor in 'n gebied van 10 km². Die boom is eers in 1989 taksonomies beskryf deur John J. Lavranos en Douglas L. Goode. Dit is een van die kleiner broodbome. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Indien die blare tussen die vingers gevryf word laat dit 'n wasagtige reuk agter, vandaar die boom se naam.

Die boom se FSA-nommer is 14.12.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die boom as die Waxen cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika