Die Blyderivierbroodboom (Encephalartos cupidus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan Mpumalanga en Limpopo en kom op die Drakensbergeskarp tussen die Blyde- en Steelpoortriviere voor. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Die plant is in 1971 deur Robert Allen Dyer beskryf. Dit is droogtebestand en verkies vol sonlig.
Die boom se FSA-nommer is 14.13.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die boom as die Blyde River cycad bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi PZA Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika