Die Swazibroodboom (Encephalartos aplanatus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan die Eswatini en kom in die noordooste van die land voor. Die boom groei in skadu areas en het baie ooreenkomste met Encephalartos villosus. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.

Die plant se FSA-nommer is 14.10.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Swazi north-east forest cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys PlantZAfrica Plants of the World Online

Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Endemiese plante van Eswatini