Nicoli Jean Nattrass (gebore 1961) is professor in ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is mede-direkteur van die Instituut vir Gemeenskappe en Natuurlewe in Afrika, en die stigter en voormalige direkteur van die eenheid vir vigs- en samelewingsnavorsing aan die Universiteit van Kaapstad. Nattrass was aktief in die stryd teen apartheid in samewerking met die Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente. Benewens navorsingsartikels het Nattrass vyf boeke gepubliseer op die gebiede van ekonomiese beleid, politieke ekonomie en die kulturele en gedragsaspekte van Vigs. Die navorsing wat mees na verwys word fokus op MIV/Vigs en die wetenskaplike bestuur van medisyne, en op inkomste-ongelykhede en die politieke ekonomie van Suid-Afrika na-apartheid.

Gedurende die periode van Vigs-ontkenning in Suid-Afrika was Nattrass 'n voorstander van openbare toegang tot wetenskapgebaseerde Vigs-behandeling. Ondanks dreigemente van regstappe teen haar was Nattras krities oor Thabo Mbeki se Vigs-beleid en haar navorsing oor die koste-effektiwiteit van MIV-behandeling het 'n uiters belangrike rol gespeel in die konstitusionele hof se beslissing om teen die Suid-Afrikaanse regering te beslis en om die regering die mandaat te gee om toegang tot die teenretrovirale behandeling vir MIV-positiewe mense te gee.

Van haar werk en opinies word as kontroversieel beskou.

Akademiese agtergrond Nattrass het haar voorgraadse en meestersgrade aan die Universiteit Stellenbosch en Universiteit van Natal behaal, 'n meestersgraad in ontwikkelingsekonomie en 'n doktorsgraad met 'n proefskrif oor "Lone, Winste en Apartheid" aan die Universiteit van Oxford. Sy was 'n Rhodes-geleerde in 1984. Sy is sedert 1991 aan die Universiteit van Kaapstad verbonde, een van die eerste akademiese organisasies in Suid Afrika om die sosio-ekonomiese en politieke gevolge van die MIV / Vigs-epidemie te bestudeer.

Werk om Vigs-ontkenning teë te werk Tussen 2002 en 2012 het Nattrass 'n aantal akademiese artikels en boeke gepubliseer om die geskiedenis, bronne, kenmerke van Vigs-ontkenning en die impak daarvan op MIV-voorkoming en Vigs-behandeling te ondersoek.

In haar boek "The Moral Economy of AIDS in South Africa", geskryf teen die hoogtepunt van Vigs-ontkenning, het Nattrass die Suid-Afrikaanse regering se bewering dat antiretrovirale medisyne (ARV's) onbekostigbaar was, verwerp. Sy het getoon dat die koste vir die behandeling van siek kinders wat Vigs by hul moeder opgedoen het nie groter was as die koste van die programme om oordrag van moeder tot kind te voorkom nie.

In die hofsaak wat deur die burgerlike organisasies teen die Suid-Afrikaanse staat aanhangig gemaak is, het Nattrass 'n beëdigde verklaring geskryf waarin sy die koste-effektiwiteit van MIV-medisyne as 'n noodsaaklikheid vir openbare gesondheid en menseregte gemodelleer het. Nattrass was krities oor Thabo Mbeki se Vigs-beleid in Suid-Afrika en was deur 'n regeringsminister gedreig met lasteraanklagte omdat sy die Suid-Afrikaanse kabinet se steun vir onbewese MIV-behandelings aan die lig gebring het, maar hierdie aanklag is nooit formeel gelê nie. In 'n studie van 2008 het Nattrass geraam dat Thabo Mbeki se ontkenningsbeleid gelei het tot die vroeë sterftes van meer as 340 000 Suid-Afrikaners en 171 000 infeksies tussen 1999 en 2007, wat sy vergelyk het met 'volksmoord'. Sy skryf die trae en ondoeltreffende regeringsreaksie op die land se massiewe Vigs-epidemie direk toe aan die invloed van die Vigs-ontkenners. Die resultate van hierdie studie is later met behulp van 'n ander metodologie deur wetenskaplikes aan die Harvard-universiteit bevestig. Hulle het ook Vigs-verwante sterftes en morbiditeit in Suid-Afrika gemodelleer as gevolg van die regering se besluit die publiek nie toegang tot MIV-medisyne te gee nie.

In haar artikel in 2012 in die tydskrif Skeptical Inquirer en die boek "The AIDS Conspiracy: Science Fights Back" ondersoek Nattrass die landskap van die Vigs-ontkenningsgemeenskap en identifiseer vier groepe karakters: "Wetenskaplike helde" (bied wetenskaplike geloofwaardigheid); "Kultus-ondernemers" (bevorder nie-bewysgebaseerde, onbewese alternatiewe behandelinge); "Lewende ikone" (bewys dat MIV nie die oorsaak van VIGS is nie) en "Lofsangers" (joernaliste en filmmakers wat die saak bevorder). Sy merk op dat hulle elkeen hul eie belangrike rol in die onregeerbare voortplanting van die beweging vervul. Hul verwante en simbiotiese verhoudings word gevestig deur hul gedeelde teenwetenskaplike en sameswerende houdings, en oortuigings oor alternatiewe medisyne en behandeling. Nattrass beskryf hoe aktiviste wie wetenskap bevorder terruggeveg het deur empiriese bewyse te gebriuk en politieke geloofwaardigheid gegee het aan argumente teen Vigs-samesweringsteorieë, as deel van die deurslaggewende projek om bewysgebaseerde medisyne te verdedig en pseudowetenskap te bestry.

Kontroversie van 2020 Die Suid-Afrikaanse Joernaal vir Wetenskap het op 27 Mei 2020 'n kommentaar deur Nattrass gepubliseer getitled: "Waarom oorweeg swart Suid-Afrikaanse studente dit minder om biologiese wetenskappe te studeer?" wat probeer ondersoek hoekom bewaringsbiologie, dierkunde en die ander vakke in biologiese wetenskappe sukkel om swart Suid-Afrikaanse studente te lok. Die kommentaar het verkennende resultate gerapporteer van 'n opportunistiese opname onder 211 studente (verkry deur studente tydens die middagete te benader) wat deur die Universiteit van Kaapstad se Instituut vir Gemeenskappe en Natuurlewe in Afrika (iCWild) gedoen is.

Die resultate van die opname het tot die gevolgtrekking gekom dat swart Suid-Afrikaanse studente minder geneig is om biologiese wetenskappe te bestudeer as ander studente, deels as gevolg van loopbaanaspirasies wat verband hou met materialistiese waardes en houdings teenoor plaaslike natuurlewe. Vanweë die betreklik hoë persentasie swart Suid-Afrikaanse studente wat nie saamstem dat "mense van ape ontwikkel het" nie, het Nattrass gewys op mislukkings op skoolvlak met betrekking tot die onderrig van biologiese wetenskappe asook die sterkte van godsdienstigheid in Suid-Afrika. Nattrass het verder 'n sterk verband gevind tussen die getal verskillende troeteldiere wat deur studente besit word, en die waarskynlikheid dat hulle biologiese wetenskappe as studiekursus sou oorweeg.

In 'n verklaring wat op 5 Junie 2020 vrygestel is, het die uitvoerende hoof van die Universiteit van Kaapstad die publikasie veroordeel, die universiteit distansieer hom daarvan, en gesê dat hy Nattrass sal ondersoek. Die verklaring van die universiteit se uitvoerende hoof het beweer dat Nattrass se kommentaar op "aannames wat nie ondersoek is nie oor wat swart mense dink" gebou is, en dat dit verder ondersoek moet word. Nattrass het gereageer op die verklaring, waarin sy die bewerings en die implikasie dat die werk rassisties was, van die hand gewys het. Sy het verder die bestuur daarvan beskuldig dat die verklaring "die kenmerke van 'n gejaagde, foutgevulde, aanval op haar werk" was. Sy het die bewerings van die universiteit se uitvoerende gesag gekritiseer as " 'n poging om 'n ideologiese agenda te bevorder deur vervaardiging en mobilisering van verontwaardiging". Die Demokratiese Alliansie het na vore getree ter ondersteuning van Nattrass en akademiese vryheid en het sy eie verklaring uitgereik. Nattrass het in 'n radio-onderhoud met Talk702 haar werk verdedig.

Op 7 Junie 2020 het die grootste weeklikse koerant van Suid-Afrika, Sunday Times, Nattrass as die "Mampara van die week" bestempel. Daarin word beweer dat haar navorsing "totale nonsens" was en gebaseer is op "ongegronde rasstereotipes". Nattrass, wat al lank beweer het dat sy die beginsels van akademiese vryheid ondersteun, en wat in die loop van haar loopbaan talle voorgraadse studente as 'n voorgraadse dosent, gradeerder en opsigter in ekonomie onderrig het, het nie kommentaar op die koerant se toekenning, wat gebrekkige prestasies parodieë, gelewer nie.

Op 9 Junie 2020 het die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika 'n verklaring getitld "ASSaF-verklaring oor die artikel van Nattrass" uitgereik waarin dit die beginsels van akademiese vryheid en redaksionele onafhanklikheid bevestig.

Nattrass het 'n tweedelige antwoord met die titel "Tumult at UCT" geskryf. Die eerste deel is ondertitel "Die uitdagings van transformasie" en gepubliseer op 9 Junie 2020. Die tweede deel is op 10 Junie 2020 gepubliseer en het die titel "Die gevare om die gedagtepolisie toe te laat om oor te neem".

Ander werk Nattrass werk saam met die Verenigde Nasies se navorsingsinstituut vir maatskaplike ontwikkeling, waarvoor sy mede-outeur van die Suid-Afrikaanse studie was vir die projek "Armoedebeperking en beleidstelsels". Nattrass was ook 'n besoekende professor aan die Jackson-instituut vir globale sake aan Yale-universiteit.

Nattrass het 11 boeke gesrkyf, insuitend vyf in die gebiede van ekonomiese beleid, politieke ekonomie en die kulturele en gedragsaspekte van vigs. In 2019 het sy die boek Inclusive Dualism: Labour-intensive development, decent work and surplus labour in Southern Africa saam met Jeremy Seekings geskryf.

Toekennings Nattrass se eerste boek oor die onderwerp van VIGS, "The Moral Economy of AIDS in South Africa", het die Universiteit van Kaapstad se 2005 boektoekenning en die Bill Venter / Altron se 2008 Literêre toekenning gewen. Universiteit van Kaapstad het haar met die 2001 Toekenning vir Onderwysers bekroon.

Kyk ook Glenda Gray Vigsontkenning in Suid-Afrika Biologiese geloofwaardigheid

Verwysings

Eksterne skakels Nicoli Nattrass se publikasies op Google Scholar

Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1961