Die Vivienne-waterval is by Meru in die ooste van Kenia.

Hierdie waterval in die Nithirivier in die Gorgesvallei in die Mount Kenya Nasionale Park is net oosnoordoos van Berg Kenia en die Michaelson-meer. Dit lê 3984 m bo seespieël en by 0° 7′ 59″ suid en 37° 22′ 0″ oos.

Die waterval dra die naam van die Britse skryfster en avonturier Vivienne de Watteville (1900-1957) wat in die omgewing gewoon het.

Bibliografie geographic.org literarytraveler.com mapcarta.com worldwaterfalldatabase.com www.mindat.org

Kategorie:Watervalle in Kenia