Rudolf Borissowitsch Barschai (Russies: Рудольф Борисович Баршай, Afrikaanse transkripsie: Roedolf Barisowitsj Barsjai; 28 September 1924 - 2 November 2010)Sterfkennis, The Globe and MailSterfkennis, The Daily Telegraph, 5 November 2010. was 'n Sowjet- en Russiese dirigent en altviolis.

Lewe Barschai is op 28 September 1924 in Stanitsa Labinskaja, Krasnodar-krai, in die hedendaagse Rusland gebore. Hy het aan die Moskouse Konservatorium onder Ljef Tseitlin en Wadim Borisofski studeer. Hy het opgetree as solis saam met Swjatoslaf Richter en David Oistrakh, en as lid van 'n trio saam met Mstislaf Rostropowitsj en Leonid Kogan. Gedurende sy loopbaan het Barschai talle Sowjet- en internasionale kompetisies gewen. Hy was in 1945 die stigterslid (viool) van die Borodin-kwartet, waarvan hy tot in 1953 lid van gebly het. Hy het later dirigeerlesse geneem onder die dirigent Ilja Moesin aan die Leningradse Konservatorium.

In 1955 stig Barschai die Moskouse Kamerorkes, wat hy sou lei en dirigeer totdat hy in 1977 na die Weste geëmigreer het. Hy was van 1978 tot 1981 die artistieke direkteur van die Israelse Kamerorkes. Van 1981 tot 1982 was Barschai hoofdirigent van die Vancouver-simfonieorkes en van 1985 tot 1986 hoofgasdirigent van die Orchester National de France (Nasionale Orkes van Frankryk). Hy was ook van 1982 tot 1988 die hoofdirigent van die Bournemouth-simfonieorkes, asook permanente gasdirigent van verskeie orkeste in Europa, Kanada, die VSA, Taiwan en Japan. Barschai het tot sy dood in 2010 in Switserland gewoon.

Barschai se eerste vrou was Nina Barschai (1947-1953), wat tweede violiste van die Borodin-kwartet geword het. Hulle het 'n seun genaamd Lev Barschai gehad (1946-2014). In 1954 het Barschai met Anna Martinson (1954-1963), 'n Russiese skilder en kostuumontwerper en dogter van die Sowjet komediant Sergei Martinson, getrou. Hulle het 'n seun genaamd Walter Barschai gehad (gebore in 1955). Die egpaar is in 1963 geskei. In 1968 het Barschai met die Japannese vertaler Teruko Soda (1968-1974) getrou. Hulle het 'n seun genaamd Takeshi gehad (gebore op 10 Januarie 1967). In 1980 het Barschai met die klavesimbelspeler en orrelis Elena Raskova getrou. Hulle het in Switserland naby Basel gewoon.

'n Biografiese rolprent oor Barschai met die titel "The Note" is in 2010 deur Oleg Dorman gemaak. In 2013 het die verhaal in die boek The Noteverskyn. In 2015 het die Engelse plate-etiket ICA CLASSICS 'n gedenkprojek uitgereik, getiteld ''20-CD A Tribute to Rudolf Barshai."

Werke Barschai het bekendheid verwerf as musikale interpreteerder van Sjostakowitsj en Prokofiëf se musiek. Hy is veral bekend vir sy rangskikkings van die strykkwartette van Sjostakowitsj, veral sy Strykkwartet No. 8 vir kamerorkes. In 2000 het Barschai 'n weergawe van Mahler se Tiende simfonie vir uitvoering gemaak, welke werk by die dood van Mahler onvoltooid gelaat is. Hy het ook talle werke van Sjostakowitsj opgeneem, waaronder die wêreldpremiêre opname van die komponis se Veertiende Simfonie. Verskeie van sy opnames het kritiese lof ontvang en internasionale toekennings gewen, insluitende: 1988 Gramophone-toekennings - Concerto: Tsjaikofski, Klavierconcerto nr. 2, Rudolf Barschai (dirigent), Bournemouth Simfonieorkes; solis: Donohoe (EMI) 2003 Cannes Klassieke toekennings: Orkeswerke van die 20ste eeu: Sjostakowitsj: volledige Simfonieë; Barschai (dirigent), WDR Simfonieorkes Cologne (Brilliant Classics) Redakteurstoekenning vir 2003 (ClassicsToday.com): Album van die jaar: Sjostakowitsj: volledige simfonieë; Barschai (Brilliant Classics).

Opnames Solo Ivan Khandoshkin: Concerto vir Altviool en Orkes (in C Majeur). Moskouse Kamerorkes, Rudolf Barschai, dirigent en altiool. Moderato, Canzona: Andante, Rondo: "La Chasse", Allegretto J.S. Bach, Partita No.2 in D Mineur, BWV 1004, rangskik vir die altviool deur Rudolf Barschai. Gespeel op 'n altviiol deur Stradivarius, opgeneem in 1960. J.S. Bach, Brandenburg Concerto No.6 for 2 altviole. Moskouse Kamerorkes, lewendige konsertopname by die Moskouse Konservatorium. Rudolf Barschai, dirigent en altviool. Schumann (1810-1856) Märchenbilder vir altviool en klavier, Op.113. Rudolf Barschai, solo altviool, begelei deur die klavierspel van Vladimir Shreibman. Prokofiëf (1891-1953) Vyf stukke uit Romeo en Juliet, rangskik vir altviool en klavier deur R. Barschai Händel/Casadesus Concerto vir altviool in B mineur (rangskik. R. Barschai ). Moskouse Kamerorkes, R. Barschai, altviool en dirigent Glinka, Mikhail Ivanovich (1804-1857), Sonate vir Altviool en Klavier in D mineur. Rudolf Barschai, altviool, Tatiana Nikolayeva, klavier

Ensembles

Beethoven - Trios vir Strykinstrumente, Op. 9, No. 1 in G en No. 3 in C mineur, met Leonid Kogan, Rostropovich. 1958/1958 Melodiya SUCD 10-00552 Glinka - Sonate vir Altviool en Klavier in D mineur, met Tatyana Nikolayeva. Multisonic 310236 Fauré - Klavierkwartet No. 1 in C, Op. 15, met Emil Gilels, L. Kogan, M. Rostropovich. 1958/1958 Sjostakowitsj - Strykkwartet No.3 in F, Op. 73. 1954/1955 Russian Revelation RV10016 Tsjaikofski - Sekstet vir Strykinstrumente in D mineur. Multisonic 310182

As dirigent Albinoni - Concerto vir Hobo, strykinstrumente en klavesimbel B-mol, Op. 7, No. 3. Russian Disc RD CD 10 062 J.Baur - Simfonie Metamorfose, Cologne Radio-Simfonieorkes. 1994 THROFON CTH2270 Beethoven - Simfonieë Nos. 1-8, Orkes bestaande uit lede van die Moskouse Kamerorkes. 1969 - 1975/1970 - 1976 Berg - Kamerkonsert, O. Kagan, S. Richter, All-Union Radio & TV Large Sym. Orchestra. 1972/UR J.S. Bach - Brandenburg Con. 1, 2, 3 (Rostropovich, tjello, 1958), 4 (D. Oistrakh, viool, 1957), 5, 6. 1973/76 “We're sich Selbst erhöhet”, Kantate BWV 47, Pisarenko, Vedernikov, Yurlov-koor. 1965/1966 “Gott Soll Allein Mein Herze Haben”, aria uit Kantate BWV 68, ”Murre night, Lieber Christ”, aria uit Kantate BWV 144, ”Erbarme Dich”, aria uit “Matthäus Passie” BWV 244, Dolukhanova. 1958 Revol Bunin - Simfonieë No. 5, Op. 45, MPO. 1968/1970 Biber - Sonate a 6 vokaal in B-mol, T. Dokshitser, trompet, MCO. 1968/1970 Boccherini - Simfonieë in E-mol, MCO. 1960/1960 Brahms – Simfonieë No. 2 & 4, Cologne Radio Simfonieorkes, 1999. Laurel Record LR-903 Britten - Simple Symphony, Op. 4, MCO. 1962/1963 Bellini - Hoboconcerto in E-mol, E. Nepal, MCO. 1968/1970 Russian Disc RD CD 10 062 Debussy - Twee Danse vir Harp & Strykinstrumente, O. Nardelli. 1965/1965 Hindemith - Ein Jäger Aus Kurpfalz, Op. 45, No. 3, MCO. 1964/1965 Hummel - Trompetconcerto in E-mol, T. Dokshitser, MCO. 1968/1970 BMG/RCA Victor #32045 Haydn - Simfonieë Nos. 45 ”Totsiens”, 94 ”Verrassing”, 95, 100 ”Militêr”, 101 ”Klok”, 102, 104 “Londen”, MCO. 1965-1973/1965-1991 Melodiya SUCD 10-00224 M. Haydn - Simfonie in G, MCO. 1976/1991 Händel - Concerto Grosso Op. 3, Nos. 4a & 5, en Op. 6, Nos. 10 & 12. 1959-1976/1959-1991 K. Karaev - Simfonie No. 3, MCO. 1966/1966 Yu. Levitin - Hoboconcerto in E mineur, Op. 50, Nepalo, MCO. 1967/1969 A. Lokshin - Simfonieë Nos. 5, 7, 10, Songs of Margaret, MCO. 1971-1976/1971-UR Laurel Record LR-901 Mahler - Simfonie. No. 5, Junge Deutsche Philharmonie. 1999 Brilliant Classics Simfonie. No. 10 (weergawe deur R. Barschai ), Junge Deutsche Philharmonie. 2003 Brilliant Classics – 94040 Simfonie No. 9 in D, Moskouse Radio-simfonieorkes. 1993 BIS – BIS-CD-632 Mozart - Simfonieë Nos. 1, 10, 18, 20, 22, 24, 25, 28-41, in D, in B-mol, in G, MCO. 1961-1973/1961-1974 Moessorgski - Nag op 'n Kaal Berg, Vancouver Simfonieorkes. 1989 CBC 2-5083 Pergolesi - Stabat Mater, Pisarenko, Arkhipova,Yurlov Choir, MCO. 1966/1966 Prokofiëf - Visions Fugitives, Op. 22, Nos. 1-15, bewerk deur Barschai Barschai, MCO. 1962/1963 Klavierconcerto No. 3 in C majeur, Op. 26, Mark Zeltser (klavier), Cologne R.S. Orch. Laurel Record LR-904 J. Rääts - Concerto for Strings, Op. 16, MCO. 1963/1963 Rachmaninoff - Rapsodie op 'n Tema deur Paganini, Op. 43, Mark Zeltser (klavier), Cologne R.S. Orch. Laurel Record LR-904 Schubert - Simfonie No. 5 in B-mol, D485, MCO. 1964/1964 Shostakowitsj - Simfonie No. 14, Op. 136, Miroshnikova, Vladimirov. MCO 1970/1970 Boris Tsjaikofski - Kamersimfonie in G-E, MCO. 1968/1969 P.Tsjaikofski - Simfonie No. 6, Vancouver Simfonieorkes. 1989 CBC 2-5083 Klavierconcertos Nos. 2 & 3, Peter Donohoe (klavier), Nigel Kennedy (viool), Steven Isserelis (tjello), Bournemouth Simfonieorkes. 1986,1987,1989 EMI CDC 7499392 Telemann - Concerto vir 3 Hobos, 3 Viole & Strykinstrumente in B-mol. 1965/1967 EMI 724356534025 Torelli - Vioolconcerto in A mineur, Op. 8, No. 9, Spivakov, solo, MCO. 1972/1973 M. Vainberg - Simfonie No. 7, Op. 81, MCO. 1967/1969 OLYMPIA OCD 472 Vivaldi - Concerto in G mineur RV577, MCO. 1971/1971 Verdi - Mis, lewendig in Waldbüne, Berlyn, Wêreld Simfonieorkes, Maryland-koor, Shinyu-Kai-koor, Sveshnikov-koor. 11 Junie 1994; IPPNW-Concerts 2-CD

Verwysings

Eksterne skakels Biografie – in Russies Sterfkennis in The New York Times

Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2010 Kategorie:Russiese violiste Kategorie:Russiese dirigente