Nazley Khan Sharif (gebore 18 Mei 1990) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy dien as 'n LP in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die opposisie Demokratiese Alliansie (DA). Sy het 'n LP in Mei 2019 geword. Sy was voorheen 'n raadslid van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit van 2014 tot 2019.
Lewensloop Khan Sharif is op 18 Mei 1990 gebore. Sy het by die Universiteit van die Witwatersrand gestudeer en dit is daar waar sy betrokke graak het in die DA se studente-organisasie. Sy is toe in 2014 as 'n proporsioneel-verteenwoordigende raadslid van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit aangestel. Sy is tot 'n tweede termyn in die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016 verkies.Ms Nazley Khan Sharif (DA). Besoek op 26 Mei 2020.
Khan Sharif het na die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika geword. Mmusi Maimane het haar aangewys as die adjunk-skaduminister van vroue in die presidentskap aangesien sy op die portefeuljekomitee vir vroue, jeug, kinders en persone met gestremdhede dien.The DA’s new Shadow Cabinet ready to make Parliament work for the people. Besoek op 26 Mei 2020.
Verwysings
Eksterne skakels Nazley Khan Sharif – People's Assembly Ms Nazley Khan Sharif – Parlement van Suid-Afrika
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika