Erica Eloff is 'n Suid-Afrikaanse sopraan wat spesialiseer in opera, liedere en oratorios. Sy woon tans in Oostenryk. Sy het haar professionele buiging in die Verenigde Koninkryk in die somer van 2008 by Garsington Opera gemaak as Fiordiligi in Mozart se Così fan tutte. Sy het ook haar buiging by Wigmore Hall gemaak in die 2008/09-seisoen saam met die pianis James Baillieu as 'n Kirckman Konsertgenootskap kunstenaar, en in die 2009/10-seisoen teruggekeer.
Eloff het met lof aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, gegradueer waar sy verskeie pryse en studiebeurse verwerf het. Sy het ook talle sangpryse verower, waaronder die Londense Händel Sangkompetisiehttps://web.archive.org/web/20100328115648/http://www.handel.cswebsites.org/default.aspx?page=19603 (2008), die UNISA Nasionale Sangkompetitisiehttp://www.unisa.ac.za/Default.asp?Cmd=ViewContent&ContentID=22106 (2005), die UFAM Concours Internationaux de Chant,https://web.archive.org/web/20110720233749/http://www.infoservice.fr/ufam/accueil/2004c.htm en die degré Honneur (2003) in Frankryk. Sy was die sangkategorie- en algehele wenner van ATKV Forté (2000) (hernoem na ATKV Muziq)https://web.archive.org/web/20110904152349/http://www.atkvprojekte.co.za/index.php?option=com_content&view=category&layout=blog&id=231&Itemid=158 kompetisie
In die Verenigde Koninkryk is sy ook deur Making Music gekies as 'n Philip en Dorothy Green Young Concert Artist. Eloff het al verskyn tydens BBC Radio 3 se In Tune program en Classic Fm se Bob Jones het 'n onderhoud met haar gevoer.
Eloff het reeds as oratorio-sanger en solis in die Verenigde Koninkryk, Duitsland, België en Suid-Afrika opgetree, en het ook al opgetree vir verskillende kleiner opera-ondernemings in die Verenigde Koninkryk. Haar prestasies sluit rolle in soos die van Belinda in Purcell se Dido and Aeneas, die The Queen of the Night en First Lady in Mozart se Towerfluit, Floria Tosca in Puccini se Tosca en Violetta Valéry in Verdi se La Traviata. Sy het ook ingestaan vir die titelrol in Beethoven se Fidelio vir die Garsington Opera.
Diskografie Somerkersfees – Kersfees-kompilasie met die Singkronies Kamerkoor, 2000 Songs – Liedere deur Grieg, Wolf, Rachmaninoff, Wilding en de Villiers, 2010
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste van Erica Eloff Erica Eloff se webjoernaal op Blogger
Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Operasangers Kategorie:Suid-Afrikaanse musici