Richard Cock (gebore 27 Julie 1949) is 'n Suid-Afrikaans gebore musikant en dirigent wat tans in Johannesburg woonagtig is.

Vroeë lewe en onderwys Cock is in 1949 in Port Elizabeth gebore. Hy het sy opleiding aan Woodridge Kollege in die Oos-Kaap en aan die Diocesan Kollege en die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in Kaapstad ontvang. Hy het in 1972 'n beurs van die Koninklike Skool van Kerkmusiek ontvang.

Loopbaan

Verenigde Koninkryk Hy was 'n alto by die Chichester Katedraal voordat hy in 1978 assistent-orrelis geword het. Soos gebruiklik was vir die assistent-orrelis van die katedraal, was hy ook direkteur van musiek by die Prebendal-skool, d.i. die katedraal se koorskool. Hy het ook die Chichester Cathedral Choristers Association(CCCA) gestig.

Suid-Afrika Cock het in 1980 na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het sedertdien by die SAUK, as musiekdirekteur van die Nasionale Simfonieorkes van Suid-Afrika (1991-1999), en as musiekdirekteur van St. Mary's Katedraal, Johannesburg, gewerk. Hy is die huidige artistieke direkteur van die Johannesburgse Feesorkes.

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webblad

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Orreliste Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse dirigente Kategorie:Alumni van Diocesan College, Kaapstad