Die Kaapse sterkastaiing (Sterculia alexandri) is 'n seldsame, mediumgroot boom wat deel is van die Malvaceae-familie. Die boom is endemies aan die Oos-Kaap waar dit voorkom net wes van Gqeberha van die Kougadam tot by Van Stadensrivierberge. Dit is die enigste spesie van die sterculia-genus wat slegs in die Kaapse floraryk voorkom.
Die boom groei op berghellings in sandsteengrond. Die boom het baie takke met die stam wat 'n 500 mm omtrek het en die boom word 3 tot 8 m hoog. Die boom blom regdeur die jaar. Die blomme is geel. Dit is onseker wat se spesie verantwoordelik is vir bestuiwing van die boom.
Die boom se FSA-nommer is 473.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Cape star-chestnut bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Sterculia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika