Vuyolwethu Zungula (gebore 28 Augustus 1987) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat 'n stigterslid en die huidige president van die African Transformation Movement (ATM) is. Hy het 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika in Mei 2019 geword.It’s about ideology, rather than biology for ATM’s 31-year-old leader. Besoek op 26 Mei 2020.

Hy is in Mthatha in die destydse Kaapprovinsie gebore. Hy het 'n graad by die Nelson Mandela-universiteit verwerf. Hy studeer tans vir 'n honneurs graad deur die Universiteit van Suid-Afrika.

As lid van die parlement was hy lid van die volgende komitees:

Portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling Portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste Portefeuljekomitee vir minerale bronne en energie Portefeuljekomitee vir kleinsake-ontwikkeling

Verwysings

Eksterne skakels Vuyolwethu Zungula – People's Assembly Mr Vuyolwethu Zungula – Parlement van Suid-Afrika

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Xhosas Kategorie:Politici van die African Transformation Movement