Loch Ness (Engels: [ˌlɒx_ˈnɛs]; Skots-Gaelies: Loch Nis, [l̪ˠɔx ˈniʃ]) is 'n uitgestrekte varswatermeer (in Skotland loch genoem) in die Skotse Hoogland, sowat 37 km (23 myl) suidwes van Inverness. Die meer, wat op 'n hoogte van 16 m (52 voet) bo seevlak geleë is, is – na Loch Lomond – die tweede grootste loch in Skotland volgens sy oppervlakte van 56 km² (22 vk myl). Danksy sy diepte (die diepste punt is 230 m of 755 voet – dus dieper as die NoordseeHistoric UK: The History f the Loch Ness Monster. Besoek op 25 Mei 2020) het dit nogtans die grootste watervolume van alle mere op die Britse Eilande. Loch Ness bevat meer varswater as die gekombineerde watervolume van alle mere in Engeland en Wallis.
duimnael|links|Loch Ness met die ruïne van die 13de eeuse Urquhart-kasteel duimnael|links|Uitsig oor Loch Ness in Fort Augustus Loch Ness is allesbehalwe 'n waterparadys vir swemsport. Die meer is nie net diep met swak sig onder water nie, maar sy water bly ook in die somermaande betreklik koud, met 'n gemiddeld van 15,8 °C/60,4 °F en 'n gemiddelde maksimum van 17 °C/62,6 °F in Augustus. Skotse mere word gekenmerk deur betreklik lae temperatuurskommelinge dwarsdeur die jaar. Op plekke is daar in Loch Ness sterk strominge wat gevaarlik sou wees vir swemmers.
Vir toeriste word boottoere deur die redery Jacobite Cruises aangebied.jacobite.co.uk – met video
Verwysings
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Media
YouTube/Jacobite Cruises YouTube – 4K-lugopnames: Loch Ness en Urquhart-kasteel YouTube: Loch Ness in 4K
Kategorie:Geografie van Skotland Kategorie:Mere in die Verenigde Koninkryk