Sorocephalus (kwassies) is 'n genus wat hoort tot die familie Proteaceae. Die genus bevat elf spesies en almal is endemies aan die Kaapse floraryk waar dit met die fynbos geassosieer word. Die spesies is almal struike, kenmerkend het al die blomhoofde vier of meer blomme. In Engels staan die genus bekend as die powderpuffs. Die meeste spesies se bewaringstatus is bedreig. Die naam Sorocephalus beteken stapel kop.
Spesies Al die spesies word hier gelys saam met hulle bewaringstatus:
Sorocephalus alopecurus Rourke – Wolsteelkwassie – EN Sorocephalus capitatus Rourke – Wolkwassie – NT Sorocephalus clavigerus (Knight) Hutch. – Regopkwassie – EN Sorocephalus crassifolius Hutch. – Blomlose kwassie – CR Sorocephalus imbricatus (Thunb.) R. Br. – Teëlblaarkwassie – CR Sorocephalus lanatus (Thunb.) R. Br. – Gewone kwassie – LC Sorocephalus palustris Rourke – Dowwekwassie – CR Sorocephalus pinifolius Rourke – Langblaarkwassie – EN Sorocephalus scabridus Meisn. – Tulbaghkwassie – CR Sorocephalus tenuifolius R.Br. – Dwergkwassie – EN Sorocephalus teretifolius (Meisn.) E.Phillips – Speldekwassie – EN
Verwysings
Kategorie:Struike
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika