Bananal (Portugees: Ilha do Bananal, [banaˈnaw]; letterlik: "Piesang-eiland") is die tweede grootste riviereiland ter wêreld na Marajó en die grootste bekende binnelandse riviereiland. Dit is tussen die Rio Araguaia en sy oostelike sytak, die Rio Javaés in die middel van Brasilië geleë. Dit lê in die weste van die Brasiliaanse deelstaat Tocantins en grens aan Mato Grosso in die weste. Bananal beslaan 'n oppervlakte van 19 162,25. Hier is die Araguaia Nasionale Park geleë, waar die inheemse Karajá-volk leef.

duimnael|links|Ligging van Bananal in die Brasiliaanse deelstaat Tocantis Die noordelike derde van die eiland behoort tot die Araguaia Nasionale Park, 'n gewilde ekotoerismebestemming. Die suidelike tweederdes behoort aan inheemse volke.

Sien ook Tupinambarana, 'n ander groot riviereiland binne die Amasonestelsel

Eksterne skakels

Kategorie:Eilande van Suid-Amerika Kategorie:Tocantins