Ömer Döngeloğlu (Zile, 1968 - Istanboel, 3 Mei 2020) was 'n Turkse teoloog, skrywer, en TV-aanbieder. Hy is veral bekend vir sy religieuse programme wat uitgesaai is op die Turkse TV-kanaal Kanal 7.

Lewensloop Döngeloğlu is in Zile in die Tokat provinsie gebore. Hy het aan die Universiteit van Sakarya studeer. Tussen 1986 en 1996 was hy werksaam as imam-hatip in Tokat. Hy het jare lank verskeie bestuursfunksies in die openbare sektor vervul. Hy het baie tyd spandeer aan die ondersoek, bestudering en lees van Islamitiese geskiedenis en die Siyer-i Nebi.Son dakika... İlahiyatçı Ömer Döngeloğlu vefat etti! wwww.milliyet.com.tr

Döngeloğlu het op 3 Mei 2020 aan komplikasies wat verband hou met covid-19 gesterf.

Bibliografie Peygamberin İzinde Allah’a Adanmış Hayatlar Yeryüzünün Yıldızları Sözün Miracı; DUA Allah Resulünü Görenler Peygamberimizin Dostları Mus’ab bin Umeyr

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Sterftes aan Kovis-19 Kategorie:Turke Kategorie:Islamitiese geleerdes Kategorie:Televisieaanbieders