Thurston-eiland, die wêreld se 56ste grootste eiland en die derde grootste eiland van Antarktika na Alexander-eiland en Berkner-eiland, beslaan 'n oppervlakte van 15 700 km². Die eiland is in die Suidelike Oseaan suidwes van die Antarktiese Skiereiland geleë. Die eiland is onbewoon en is volledig met ys bedek. Dit grens in die weste aan die Amundsensee en in die ooste aan die Bellingshausensee. Thurston-eiland word in die suide deur die Peacock-sund van die Antarktiese vasteland geskei.

duimnael|links|Kaart van Thurston-eiland duimnael|links|Berge op Thurston-eiland, afgeneem tydens 'n Nasa-verkenningsvlug op 5 November 2014 Thurston-eiland is op 27 Februarie 1940 deur die Amerikaanse admiraal Richard E. Byrd ontdek en na W. Harris Thurston, 'n New Yorkse tekstielvervaardiger en borg van Antarktiese ekspedisies, genoem. Dit is tot in 1960 as 'n skiereiland beskou, toe ontdek is, dat dit eintlik 'n eiland is.

Thurston-eiland val soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktis-verdrag. Geen land maak aanspraak op die eiland of die see rondom die eiland nie en dit word dus as niemandsland beskou.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Eilande in Suidelike Oseaan Kategorie:Eilande van Antarktika Kategorie:Onbewoonde eilande