Palawan (Cebuano: Pulo sa Palawan; Tagalog: Pulo ng Palawan) is die vyfde grootste eiland van die eilandnasie Filippyne, na Luzon in die noorde, Mindanao in die suide, Samar in die ooste en Negros in die middel. Dit is in die weste van Filippyne geleë en vorm 'n provinsie op sy eie. Palawan grens in die noordweste aan die Suid-Chinese See en in die suidooste aan die Sulusee; albei behoort tot die Stille Oseaan.
duimnael|links|Berg Mantalingahan op Palawan duimnael|links|Palmbos op Palawan Palawan beslaan 'n oppervlakte van 12 188,6 km² en het 'n bevolking van 886 308 in 2015 gehad. Verder suid is die eiland Borneo en net noordoos Mindoro geleë. Soms word Palawan as deel van die eilandgroep Luzon beskou.
Palawan word soms as die "mooiste eiland in die wêreld" beskou. In 2007 het die National Geographic Society se National Geographic Traveler Palawan as die beste eilandbestemming in Oos- en Suidoos-Asië beskryf, aangesien die eiland volgens hulle oor:
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Eilande van die Filippyne