Die reusepoeierkwas (Leucadendron daphnoides) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor in die Slanghoek-, Du Toitskloof- en Stettynsberge. Die struik word tot 1,5 m hoog en blom vanaf Julie tot September.
In Engels staan die plant as die Du Toit's Kloof conebush bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika