Grande Terre (Frans vir: "groot land" of "hoofland") is verreweg die grootste eiland van die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië, beide volgens oppervlakte en bevolking. Op die eiland is ook Nieu-Kaledonië se hoofstad en grootste stad, Nouméa, geleë. Grande Terre lê in die oostelike Koraalsee, met Australië in die weste en Nieu-Seeland in die suide.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Grande Terre duimnael|links|Topografiese kaart van Grande Terre Grande Terre beslaan 'n oppervlakte van 16 372 km² en word soms as die grootste eiland van Frankryk beskou, aangesien dit selfs groter as Korsika (8 680 km²) is. Dit streek sowat 400 km in 'n noord-suidelike rigting en is 50–70 km breed. Die hoogste berg is Mont Panié met 'n hoogte van 1 628 m.

Die Britse ontdekkingsreisiger James Cook het Grande Terre in 1774 vir Europa ontdek en dit New Caledonia genoem, Caledonia was 'n Latynse benaming vir dele van Noord-Skotland. Later is die naam Nieu-Kaledonië vir Grande Terre en die omliggende eilande toegepas. Soms word die benaming Nieu-Kaledonië egter ook vir Grande Terre gebruik.

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Nieu-Kaledonië