Die Reuse kruipmol (Chrysospalax trevelyani) is 'n soogdier wat endemies aan die Oos-Kaap in Suid-Afrika is. Dit word aangetref tussen King William's Town en Port St. Johns. Dit word tot 23 cm lank en het nie 'n stert nie. Die oë is onontwikkel maar die dier het 'n fyn reuksin. Die dier vreet insekte en wurms. Die enigste skade wat hulle aanrig is om jong plante te versteur en die grond nuttig om te dolwe.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Soogdiere