Wynand Johannes Boshoff (gebore 26 Mei 1970) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 22 Mei 2019 as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Boshoff is 'n lid van die Vryheidsfront Plus en die party se provinsiale leier in die Noord-Kaap. Hy was 'n munisipale raadslid van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit.

Boshoff is die seun van Carel Boshoff, stigter van Orania, en die kleinseun van Hendrik Verwoerd, die voormalige eerste minister van Suid-Afrika wat in 'n sluipmoord in die parlement vermoor is. Verwoerd's grandson on his way to Parliament . News24. Besoek op 12 April 2020.

Verwysings

Eksterne skakels Wynand Johannes Boshoff − People's Assembly Dr Wynand Johannes Boshoff − Parlement van Suid-Afrika

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Vryheidsfront Plus Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Mense van Orania Kategorie:Orania Kategorie:Suid-Afrikaanse politici