duimnael|regs|250px Monseigneur Frederick Charles Kolbe (aanvanklik Friedrich Carl Kolbe), (George, 28 September 1854 - Seepunt, 12 Januarie 1936) was 'n Katolieke geleerde, digter, skrywer, filosoof en plantkundige. Hy is in 1854 in George gebore en is die seun van die bekende Protestantse predikant van die Rynse Sendinggenootskap, Friedrich Wilhelm Kolbe.
Hy studeer as advokaat in die Inner Temple in Londen. Daar word hy bekeer tot die Rooms-Katolieke geloof en word 'n priester. Na sy doktorale eksamen in Teologie in Rome keer hy in 1882 na Suid-Afrika terug. Hy speel ten spyte van sy doofheid 'n leidende rol in sy kerk, en was ook 'n vooraanstaande persoonlikheid in universiteitskringe en die skrywer van boeke oor wysgerige en godsdienstige onderwerpe. Hy was ook 'n bergklimmer en wetenskaplike.
Bronne http://www.s2a3.org.za/bio/Biograph_final.php?serial=1559
Kategorie:Suid-Afrikaanse sendelinge Kategorie:Geboortes in 1854 Kategorie:Sterftes in 1936