duimnael|Lawrence Mbatha. Lawrence Mbatha (25 Julie 1968–) is 'n Suid-Afrikaanse militaris en sedert 9 April 2020 hoof van die Suid-Afrikaanse Leër. Hy volg Thabiso Mokhosi in hierdie amp op nadat laasgenoemde in Desember 2019 na 'n kort siekte gesterf het, enkele maande nadat hy as hoof van die leër aangestel is.

Vroeë lewe Mbatha is op 25 Julie 1968 in Kimberley, Kaapprovinsie gebore.

Loopbaan Mbatha voltooi sy basiese militêre opleiding in 1987 in Angola en dien daarna in Umkhonto we Sizwe, die militêre vleuel van die African National Congress (ANC). Hy sluit in 1994 aan by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en was sedert 2017 in bevel van die weermag se militêre akademie.

Aanval op konsulaat van Bophuthatswana In Oktober 1997 doen Mbatha en mede-ANC-lid Walter Smiles aansoek om amnestie van die Waarheid- en-versoeningskommissie vir 'n handgranaataanval in 1993 op die konsulaat van Bophuthatswana in Kimberley. Twee ander ANC-lede, Sipho Mbaqa en Nkosinathi Nkohla, is in 1993 elk tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die aanval waarin een persoon dood en meer as 40 gewond is, maar hulle is in 1997 op borgtog van R10 000 elk vrygelaat, welke borgtog deur die Europese Unie betaal is.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense