__NOTOC__ Die lippeblomsuikerbos (Protea subvestita) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is inheems aan Suid-Afrika en kom voor op die eskarp van die Wakkerstroom in Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap (tot by Somerset-Oos) en die Klein Swartberg. Die struik is groot en regop, word tot 5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Maart.
Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op bergland suurveld en fynbos op hoogtes van 1 200 tot 2 300 m.
In Engels staan dit as die waterlily sugarbush bekend. Die plant se FSA-nommer is 98.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys PlanZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika