Die 2020 Superrugbyseisoen was die 25ste seisoen van Superrugby, 'n jaarlikse rugbykompetisie georganiseer deur SANZAAR tussen die spanne van Argentinië, Australië, Japan, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Sedert die 2018-seisoen is teruggekeer na 'n 15-spanformaat in drie geografiese konferensies. Die huidige kampioen is die wat hul 10de titel in 2019 ingepalm het.

Opskorting weens Covid-19-pandemie Weens die COVID-19-pandemie in 2020 is twee Sunwolves-wedstryde vanuit Japan na Australië verskuif. Daar is op 12 Maart aangekondig dat hoewel toeskouers steeds toegelaat sou word vir die naweek se wedstryde, sou die toekomstige rondes in Australië agter geslote deure gespeel word. Op 14 Maart het Nieu-Seeland aangekondig dat alle reisigers wat die land van buite die Stille Oseaan-eilande binnekom, met aankoms verplig sal word om 14 dae lank te self-isoleer. Aangesien dit die spel logisties sou bemoeilik, het SANZAAR aangekondig dat die seisoen onbepaald opgeskort word na die sewende wedstryd.

"Vervangende" streekstoernooie Na die opskorting van wedstryde, het SANZAAR en die streeksrugbyrade streekstoernooie voorgestel om die Superrugby-wedstryde wat gekanselleer is, te vervang. Op 6 Mei het Nieu-Seelandse Rugby aangekondig dat 'n Superrugby Aotearoa-kompetisie, waarby die vyf Nieu-Seelandse spanne betrokke is, op 13 Junie begin. Die kompetisie is met 'n dubbelronde-robin-formaat beslis, met 20 wedstryde wat oor tien weke gespeel was. Rugby Australia het op 27 Mei bevestig dat Super Rugby AU op 3 Julie sal begin, waarby die vier Australiese spanne betrokke sou wees by die Australiese konferensie en die Western Force, wat tot die 2017-seisoen in Superrugby gespeel het.

'n Suid-Afrikaanse kompetisie is as "Superrugby Unlocked" bekend gemaak in Oktober 2020.

Einde van die Sunwolves Die Sunwolves was ook besig om aan die Australiese kompetisie deel te neem, maar weens reisbeperkings kon hulle dit nie doen nie. Hierna is die klub op 1 Junie ontbind; die span sou in elk geval Superrugby verlaat het aan die einde van die oorspronklike 2020-seisoen.

Wedstryddatums DatumDatumRondte 131 Jan–1 FebRondte 11gekanseleerRondte 27-8 FebruarieRondte 12gekanseleerRondte 314–15 FebruarieRondte 13gekanseleerRondte 421–22 FebruarieRondte 14gekanseleerRondte 528–29 FebruarieRondte 15gekanseleerRondte 66–7 MaartRondte 16gekanseleerRondte 713–15 MaartRondte 17gekanseleerRondte 8gekanseleerRondte 18gekanseleerRondte 9gekanseleerHalfeindronde Rondte 10gekanseleerEindrondegekanseleer

Rondomtalie Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel word

Rondte 1

Loslootjie:

Rondte 2

Loslootjie: Sunwolves

Verwysings

Kategorie:Sport in 2020